SMS’e vir 20 Desember 2016
“kop in een mus met stropers”
Verbod op kabeljoubron - seevisserye meen dit sal moeilik wees om die regulasie af te dwing? Dis so goed jy sê moord is OK, want dis moelik om te verhoed? Al gedink waar volgende jaar se kabeljou moet vandaan kom as hulle broeiende vis by die duisende vang? En gaan verkoop vir baie geld? Miskien moet hulle ‘n slag op en wakker wees en werk?
Hoekom mag sekere mense helder oor dag sakke vol ondermaat wit mossels en bloedwurms op die publieke strand voor die suidduin in Henties uithaal en visserye en polisie doen niks daaraan al rapporteer jy jou blou? Maar as ek een ondermaat, winkelgekoopte wit mossel by my het, word ek beboet?
San-vergadering onderbreek: As jy dink die staat sal na jou belange omsien, is jy in vir ‘n surprise! Kyk hoe verwese is die San-groep. Eerste inwoners kamtag onwettige inwoners - wáár is al die Human Rights Lawyers nou al hierdie laaste 60 jare? Aan die slaap of net nie San-gebore nie?
Buffels met GRN voertuig. Ai nee, genoeg is darem nou rêrig genoeg. Ek sukkel elke maand om met my geld uit te kom omdat ek vir daardie voertuig en van daardie mense se salarisse moet betaal en hulle misbruik my bydrae so! Hoekom moet ek dan nog hoegenaamd enige belasting betaal as almal dink hulle is bo die wet? Maak ‘n voorbeeld, bewys dat jul ons belasting ernstig opneem en sluit hul toe.
Ek wil ‘n ernstige beroep op beide die skoolhoof van Educare en die ministerie doen om die strydbyl te begrawe en hulle te beywer vir n suksesvolle - dalk voorwaardelike - oplossing van die probleem. Ek vra dit ter wille van ‘n dierbare, intelligente leergestremde kind wat ‘n tuiste in Educare gevind het wat staatskole nooit kan bied nie. Haar toekoms en ook ander kinders s’n is op die spel. Asseblief . . .
Mr President, you (allegedly) insisted on staying in luxury hotel in Paris at N$ 350 000 per night splurging my hard earned taxpayers’ money? Shame on you and viva Harambee! We the people have a right to know who all went on this luxury holiday and publish the total costs please.
Wonder maar net: as daar soveel renosterhorings en olifanttande amper oor die grens is, hoeveel het weggekom? Word daar gekyk na vragmotors en skepe? Almal het ‘n prys en met armoede in hierdie land verbaas dit my nie dat soveel Namibiërs kop in een mus is met die stropers nie.
Die tien plae van Egipte sal ook in Namibië kom. Die geroep van die Nama-volk en hul diep sug sal deur God gehoor word . – N Gertze
Counsillors en Governors in Omaheke, dink ook daaraan om die boere wat onder die hooflede op die kommersiële gronde boer om vir ons ook grond van ons eie te gee om op te boer, want julle weet goed hoe swaar ons ly onder die hooflede; word net uitgesit soos dit hulle pas. Plz President, minister, hélp!!!
Trump’s cabinet? Becoming a club of billionaires and war veterans? Who cares? Before it was a club of war supporters and Zionists.
Dis omdat Bernadus Swartbooi van die Suide is wat hy laat loop is oor die waarheid en die waarheid maak mos altyd seer. - Great uncle, Rhb
Ag nee, wat is fout met die koerante? Ek lees. Dit is ‘n plesier vir my.
“Claim land” - Please go and read the history books. And if you can’t read let someone explain it to you. This is meant well, not to be rude.
Die Whatsapp “nog ‘n jaar verby”: Oor die Suid-Afrikaners en Sjinese jy is so reg. Die ergste is hoe die Suid-Afrikaners ons Namibiërs uitlag oor hoe korrup ons beamptes by die grense is. Hoe agter ons beamptes is met die beheer oor ons permanente verblyf en werkspermitte. Ek skaam my dood. En word natuurlik baie kwaad! Maar wat kan ‘n mens tog doen? Alles val op dowe ore.
Ek hoop en vertrou dat ons president en sy adviseurs kennis geneem het van die erkenningstoespraak van die Ghanese president John Mahama na sy nederlaag. Dit is presies wat tans in ons land besig is om te gebeur. Ons president is te allergies vir kritiek en wil selfs aan die pers voorskryf wat om te skryf. Onthou dat al die mense wat u kritiseer dit nie doen omdat hulle u haat nie, maar om u te help.
Viva Swartbooi, viva Swartbooi! Og, nou is ons bly. Kom kuier by ons Hei//oms ook, asb mnr. U is op die regte pad. Moenie bang wees nie. Ons het darem vir u en mnr. Venaani. Jul twee moet nie obhou nie, asb. Mnr. Bernadus, loop in asb by die plase in Kunene wat buitelanders koop. Hulle jaag Namibiese mense uit met die paar beeste en bokke.
Gemeenskap van Rehoboth en plaaseienaars, julle staan en kyk van die kantlyn na die stief behandeling wat die //Kharas- en Hardapstreke ontvang. Hoe seker is julle dat julle plase nog veillig is? Vandag se regering sê as jy aanspraak op jou onteiende eiendom en jou vervreemde grond maak, dat ons kamma Bantustans wil bevorder, wat onwaar is. Ons Namas wil in harmonie met almal saamlewe. Toe ons voorsate groot Namakwaland getem en hier kom vestig het, was hier g’n wit- of swartman nie. Vandag word ons verder verarm deur ‘n onregverdige regering. Rehoboth, word wakker. Jul sal ook beskuldig word van ‘n nie-bestaande Bantustan net omdat jul as Basters oorwegend plase besit . Sê maar net, bedoel g’n kwaad. – Takuza
Die mense in die Suide moet nou besef dat God in beheer is, al lyk die land se dinge hoe! Wees sterk, my mense, en vertrou op die Here, want dan sal ons nooit teleurgestel of verlaat word nie. Bly die pragtige mense wat julle is.
President Geingob, ons verstaan as u sê die bevrydingstryd was om alle hoeke van die land te bevry, maar hoekom juis moet //Kharas-streek up for grabs wees ten koste van die Namas? Namaland het die Giant’s Playground geword waar die Namas met disrespek behandel word. Wel wetend dat hulle deur die vorige bestel verarm was, doen julle dieselfde. Soos die Duitsers vestig julle mense wie se tradisionele woongebiede nie afgevat was nie. Al wat nou oorbly, is ons kaalgestroopte lewens. Wonder hoe sal dit eindig, aangesien ons lastig geword het. – Axaro
President Geingob, laat Swartbooi terugkom by sy kantoor, asb. Of laat altwee uit hul kantore uit, asb.
Ek kom agter Katjivivi het glad nie van Swartbooi gehou nie. Die ander keer het Swartbooi gepraat hoekom moet daar 2,2 miljard gebruik word vir ‘n nuwe parlementsgebou en ‘n kantoor vir die eerste minister, toe sê Katjivivi as hy nie saam met die regering stem nie, daar is die deur. – Great uncle, Rhb

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie