SMS'e vir 20 April 2017
SMS'e vir 20 April 2017

SMS'e vir 20 April 2017

“...word net vetter...”
Mandy Rittmann
"Onderwysbom", wat 'n grap! Kom ons wees nou eerlik. Alles het 100 % gewerk tot een slim besluit geneem was, om free education in te bring. Free education, free Chinese en nou word dit tot op die been gesny, want daar is nie geld nie. Het education die geld geneem? Nee, gaan soek die fout by besluite wat nie reg deurgekyk word en net gedoen word sonder om dit te verstaan, Geagte meneer die president, kyk na jou mense en hulle probleme. Ons boer agteruit. Hoe op deesaarde moet skole operate met die besluit van sny? Bring dan skoolfonds terug - en ek is nie lig van kleur nie.



Die onderwysbegroting. Hoe jammerlik faal die regering nie die bevolking nie. Die verkiesingsbelofte van gratis onderwys het verander in een waar al die geld op salarisse, prag en praal, geboue en die weermag bestee word. In dieselfde asem word Harambee en NEEEF ook sommer 'n dwarsklap gegee. Sonder opgevoede en opgeleide jong mense gaan ons ekonomie nêrens nie.



Dis 'n skreiende skande dat onderwys so deurloop met die strafmaatreëls wat ingekom het met die nuwe begroting. Wat het geword van free education? Die fat cats word net vetter, want aan hulle pense mag nie geraak word nie. Mense, wat gaan aan in die land? Hoekom kan aan hulle nie besnoei word nie? Hulle moet elke dag kaviaar en konjak hê. Bedroef en bekommerd.



Asseblief! Die onderwysprobleem was veroorsaak deur niemand anders as die ministers en president (soek mos stemme), so stel jul fout reg. Moet dit nie nou die skoolhoofde, kinders en ouers se probleem maak nie. Skrik wakker.



As alle regeringskarre naweke en saans by die kantore bly en van die pad af, sal daar genoeg op petrol en slytasie gespaar kan word om onderwys, gesondheid en die polisie se petroluitgawes te dek!



Wonder net of professor Stals wat internasionale erkenning gekry het vir sy navorsing oor die etniese groepe van Namibië en hul herkoms, nie ook vir die lesers hieroor 'n rubriek kan skryf nie. Sal dit hoogs waardeer.



The ELCRN pastors must think with their brains. Most of them are ­cheerleaders and gatekeepers, ­especially those in leadership ­positions. Pastors must act as the voice of God and not the voice of the Deputy Bishop. They should serve the interest of the church and the people. The church is not a ­conglomerate of the voices of a certain tribe or certain people like the Deputy Bishop and his colleagues. The Deputy Bishop and his colleagues should not serve a certain tribe or clique but the church of God as they are destroying the body of Christ.



Na die foto van die vullis in gister se koerant, wil ek hoor wat is die moontlikheid dat meer van Rehoboth se inwoners met my saamstem dat ons ons vullis by die kantore kan gaan damp, want die vullisgate is baie vêr en ons betaal mos vir 'n diens wat glad nie bestaan nie. Dan kan die ou wat daar werk en vir sy boetie die kontrak gegee het mos die vullis wegry.



Wat 'n belaglike storie, "vroeg tjaila kós ekonomie". Die blote feit dat ek bietjie vroeër kon huis toe gaan, kos die ekonomie absoluut niks. Hou op om altyd die arme staatsamptenare sleg te sê!



Ag asseblief, 'n terroris bly 'n terroris. Hy/sy saai terror, maak nie saak hoe dit probeer regverdig word nie. Niks met groot word te doen. Kom by!



Wil net graag dankie sê vir oom Koos Pretorius vir sy feitlike verslag oor die grondkwessie. Sou graag 'n soortgelyke verslag van regeringskant af ook wou sien. 'n Verslag wat gebaseer is op historiese feite en nie op emosies nie.



Kan iemand asseblief vir my sê watter shuttle/bussies loop tussen Windhoek en Mariental? Verskaf asseblief 'n telefoon- of 'n selnommer.



Ek is 'n lid van die Sanlam-pensioenfonds. Ek wil baie graag my Sanlam-pensioen oordra na GIPF. Indien moontlik, watter stappe moet ek volg?



Rehoboth polisie, julle het Easter naweek baie mooi werk gedoen. Moenie stop nie, asseblief. Baie dankie.



Wil net sê, Hentiesbaai se Bank Windhoek-tak is die vriendlikste tak van noord tot suid. Die ander kan gerus aan hul glimlag en houding werk.



Wil tog net vir mnr en mev Arp sê, baie dankie aan jul verkoopsdame Jessica sy ken haar werk baie goed. Mnr Gerzte van Kalkrand.



Raat vir vlermuise. Strooi motbolletjies (mottegif) tussen dak en plafon.



Vlermuise in dak, sit oop skottels met diesel/brandstof bokant plafon, hulle hou nie van die reuk nie.



Aan die persoon wat met vlermuise sukkel. Installeer 'n spotlight in die plafon en laat dit permanent vir 'n week brand. Vlermuise hou nie van so 'n helderlig nie.



Selensia !Oe-Amses by NamPost Karibib, vir 'n maand uitgehelp en baie vinnig en uitstekende werk gedoen, jy is welkom.



Joos Platt, wil jy nie die volgende verkiesing staan as president nie? Ons kleurlinge bly agter. Oorweeg dit asseblief, dat die kleurlinggemeen­skap ook erkening kry. Ons was deur die vorige en huidige regering nooit erkening gegee nie. Ek weet jy sal en kan 'n verskil maak.



Dit sal wonderlik wees as Namibië 'n skaarsmetaalmyn kan oprig, solank die Chinese dit nou nie ook oorneem nie.



So, Eros-lughawe word opgeknap, maar wat nou van Hosea Kutako wat al besiger raak elke keer as mens soontoe gaan? En kan hulle nie dalk die dikbekke daar ook "opknap" nie?

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer