SMS'e vir 20 April 2016
SMS'e vir 20 April 2016

SMS'e vir 20 April 2016

Gerine Hoff
Kan die leierskap van Sam Khubis en die godsdienskomitee net vir een keer eerlik wees en die RHB-gemeente die waarheid vertel. Vir te lank moes die geloftekinders gebuk gaan onder die heerskappy van sekeres. Hulle het Sam Khubis vir hulleself toegeëien en nooit ander toegelaat om deel te wees van dié gebeurtenis nie. Laat ons mekaar nie mislei nie. Mense het lankal geleer om vir hulleself te dink. Onthou, what goes around comes around. Julle het groot skade aan ’n heilige saak veroorsaak en julle sal deur ’n Lewende God verantwoordelik gehou word. Die volk ken nie die helfte van wat aangaan nie.

Lees leviete voor: Het die president nie ook die leviete voorgelees toe hy as eerste minister aangestel is nie? En dieselfde ou vrot appels is nog steeds in hul poste en hul departemente net so vrot soos daardie tyd. Lyk my hy mors sy asem.

Daar is geen tekort aan water in Namibië nie. Daar is wel 'n gebrek aan kennis, die ontwikkeling van infrastruktuur deur pypleiding en pompe aan te lê, mislukte herwinning van water en 'n tekort aan polisiëring en bestuur van waterbronne. Dis alles mensgemaakte probleme wat maklik opgelos kan word.

Verwys na foto van oorlaaide bakkie tussen Groot Aub en Omeya teen 130 km/h. Wat word daaraan gedoen? NIKS. Ons mag nie twee werkers op ons lorrie laai nie. Al is die tralies hoog. Ons ry teen 80 km/h. Dit is topspoed wat gery word. Ek persoonlik dink hulle is veiliger op die lorrie as op daai bakkie. Kyk maar elke dag op Western bypass en jy sal sien hoe word die bakkies oorlaai en geen verkeersbeampte trek hul af nie.

Waarskuwing: Was onlangs amper gekul deur twee here wat viskwotas verkoop vir goeie geld. Gebruik ’n bekende stigting se briefhoof vir hul truuks. Eersdaags gaan ek volle berig plaas.

Zuma besoek Namibië: My vraag is, het ons hom gevra of was dit sy besluit of het ons nie ’n keuse nie, want ons hang soos ’n bosluis aan SA vir oorlewing na 26 jaar van onafhanklikheid.

Wat in die Namibian (voorblad) van Maandag 18de staan is skokkend oor Nampol se dwelmeenheid. Hoop werklik die les wat geleer is, is dat jy nie net 'n slang se lyf kan verwyder en die kop los nie! Stef

In die meeste huismoleste wat lewens verlies teweegbring, sal dit meer van waarde wees as die polisie ook in die beskuldigdebank voor in die hof kan gaan staan. In die meeste gevalle word klagtes ingedien, maar weinig beamptes neem die klaagsters ernstig op, wat in die proses lewensverliese en selfs huisgesin-uitwissings teweegbring wat vermy kon gewees het. Dit blyk te wees die beamptes wat aan wie die klagte oorgegee word, nooit op die boek ernstig is of selfs verskuilde agendas het. So word die geslagsgeweld en huismoleste net vererger.

Zuma gaan terug! Die Guptas is nie hier nie!

I would like the lady who wrote about the teacher at Eros primary to please think before she runs to the newspapers because I know that teacher. He was a teacher of mine and he would not do something like beat a child to sustain injury. I would like to tell her to teach her child to focus in the class. If the child fails, she would again blame the teacher.

Dit is hartseer en betreurenswaardig dat die ware geskiedenis nooit ten volle vertel word en oorgedra word nie. Voor die koms van die Duitse troepe in S.W.A., voor die slagtings was daar ook oorloë onder die inheemse nasies, onder meer tussen Namas/Damaras/Herero’s en daarna die Dorsland-boere en die inheemse nasies en die Engelse wat selfs die Ovambo’s ingesluit het as oorlogslagoffers. Nêrens word daar ooit melding gemaak van ander volke soos Damaras en die Ovambo’s en die Ondangwas onder leiding van Mandume en Nanghoro as leiers nie. Daar word net melding gemaak van die Namas en die Herero’s as die slagoffers van die Duitse oorlog. Hoop net iemand stel die rekord reg.

Huishoudelike geweld. Dit kan STOP as iets daadwerkliks aan drankmisbruik gedoen word! En natuurlik die doodstraf terug bring, want mense se lewens word geneem asof dit 2de natuur is! En tronke sit vol moordenaars/verkragters!

Selfs leke kan ’n waardevolle opsomming maak. Namibië kan wel aan die kortkant van die reënval wees, maar soos ’n paal bo water is dat die land ryk is aan ondergrondse riviere. Die land is afwaarts geleë en al die reën wat bokant in ons buurlande reent, vloei afwaarts see toe ondergronds. Dit wys net hoe pateties ons wetmakers is wat ons as landsleiers het. Hulle is net behep met hul vet salarisse, die blink karre en die koelte van hul kantore en as hul die iets wil verrig, dan moet mens die ou afgestompte gesange telkens hoor van die koloniale tydperk wat niks meer veelseggend is nie wat liefs in geskiedenisboeke hoort.

Kan iemand help asseblief? Is daar 'n kollege, skool of soortgelyke instansie waar mense geleer word hoe om in vandag se dae besigheid te doen? Is deel van die opleiding dalk hoe om eindeloos en sonder ophou die arme mens aan die ander kant van die telefoon te belieg? Om navraag te doen oor enigiets moet jy senuwees van staal hê. Ten minste net om by die regte persoon uit te kom, is 'n beproewing op sigself. Liewe aarde mense, have a heart. Die leuens is so skaamteloos en verregaande dat ek namens hulle ineenkrimp van skaamte. 'n Splinternuwe vorm van “die tjek is in die pos” . . . En terwyl ek nou besig is wonder ek ook: Leer die mense wat die telefone beantwoord dalk telefoonetiket ook daar? Moet sê, dan werk dit nie! Mens sê tog nie vir die oproeper “huh”, “uh” of “huh-uh” nie! En jy gil tog nie in die oproeper se oor om iemand wat aan die anderkant van die gebou staan, nader te roep om te kom help nie? Nee wat mense. Ek frons diep.

Gibeon-polisie het nooit ’n kar beskikbaar as ’n klag gerapporteer word nie, maar daar is altyd ’n kar beskikbaar vir hulle private paaie.

Ek wonder net. Die Khomasdaller wat so spog oor kos en baie koffie vir haar huishulpe, dink sy sy is die enigste een? Ek is nou wel nie van Khomasdal nie, maar ek betaal ook nog vir skoolkind en die ouma wat die kind oppas in die Noorde. Hoe’s daai!

Ek wil die persoon wat die SMS ingestuur het van “besigheid sonder lisensie” vra, gaan af in Blok E, daar sit die mense langs mekaar en doen besigheid. Die een is nie afgunstig op die ander nie. My vader, hou op afgunstig wees op mekaar en hou jou ook besig met iets. Vat hande en help mekaar. Ek wil ’n sopkombuis begin. Miskien moet ek ook om ’n lisensie aansoek gaan doen.

Rokers by werk mors baie tyd. Die tyd wat dit neem om sigaret klaar te rook en die geklets tydens smoke breaks werk dit uit = 2 verlof dae per maand. Puff goes xtra leave.

Wat het van ons menseregte geword? Jy word op ITC geplaas oor ’n bank wat nie die stoporders deurgesit het nie. Bank maak sommer jou rekening toe, salaris word inbetaal en terug gestuur. Nou word jy ge-ITC. Jy het my menseregte geskend. Waar kan om hulp aangeklop word, jy kan nêrens gehelp word nie?

Kommentaar

Republikein 2026-03-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer