SMS'e vir 2 September 2019
SMS'e vir 2 September 2019

SMS'e vir 2 September 2019

"Feeste moet nou gevries word . . ."
Mandy Rittmann
ELCRN. Ons is dankbaar aan die Hemelse Vader wat ons gebede verhoor het. Dit was net sy genade dat ons 'n nuwe biskop gekry het. Eer aan Hom. Welkom biskop /Keib.



Lloyd se lugawenagmerrie: Sterkte! Jy was verkeerde tyd op verkeerde plek! My pa is onlangs Kaapstad toe en terug met Air Namibia. Hy was in 'n rolstoel en het baie goeie behandeling ontvang en sy bagasie onaangeraak, troos jou daaraan. Jou wyse ouma sou ook gesê het: wat jou nie doodmaak nie, maak jou sterker, ou seun.



Feesviering in Otjiwarongo. Dink al die geld kon beter benut gewees het, vir meer belangrike dinge soos droogtehulp. Feeste moet nou gevries word tot wanneer die ekonomie beter word. En skokkend hoe vuil die stadion gelos is na die verrigtinge.



Ag asseblief, mnr. pluimpie vir die NRU-president. Die stadion se toilette is haglik. Ons fasiliteite hoef nie luuks te wees nie, maar waaragtig sorg darem net vir toiletpapier vir die dames.



Ek was Saterdag by die stadion en minstens toe ek die badkamers besoek het, was dit mooi netjies en skoon. Dalk moet van die gebruikers van die geriewe die verantwoordelikheid neem vir ander se slegte ervarings?



Mnr. Noa, daar stem ons met jou saam!!! Los die teerpad. Skraap net eers ons paaie. Vat daai geld en maak ons rioolstelsels reg wat al jare vir ons belowe word in Gibeon. – Magda



Soos gebruiklik naby die jaareinde kom die dominee ook saam met die ouderling en diaken met huisbesoek. Dis ook Tobie Cronjé se matriekjaar, by wie se huis daar aangedoen word. En Tobie wat gaan jy na matriek doen wil die dominee weet. Ek wil 'n dominee raak, sê Tobie. Baie rein gedagte en edele beroep, sê die dominee. Ja sê Tobie en daarna wil ek veearts word, want ek wil ook graag met die jeug werk. – Jan Brand

Kommentaar

Republikein 2025-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer