SMS'e vir 2 November 2021
SMS'e vir 2 November 2021

SMS'e vir 2 November 2021

"...jou pavement vol staan..."
Mandy Rittmann
As ’n mens elke Namibiër N$700 gee (kom ons sê maar 3 miljoen mense), dan kom dit min of meer by N$2 biljoen [miljard] en dan spandeer jy min of meer N$1 biljoen [miljard] op musks, sanitizer, gloves, etc. Nou wonder ek, wat het geword van die sente wat oorgebly het of word dit nog vir Covid gebruik? Dis maar net rowwe sommetjies wat ek vir myself gemaak het. Ja wat, onse GRN... Ons sal maar net bly wonder.

Mnr. Ombudsman. Laat ons respek vir jou kry. Stop ReconAfrica en uraansoekery in die Kalahari, of is ook jy in iemand se sak?

Help asseblief. Ek wil graag weet of daar nog polisiebeamptes of iemand is wat mense help indien jy klagtes het met ’n gafiefhuis in jou straat? As dit nie die gafief se customers is wat jou pavement vol staan, dan is dit die gafief-verkopers. Waar kan ek die gemors rapporteer?

Kommentaar

Republikein 2025-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer