SMS'e vir 2 Mei 2018
SMS'e vir 2 Mei 2018

SMS'e vir 2 Mei 2018

". . .om die minste te sê, skokkend!"
Mandy Rittmann
Ek het vandag iemand in die Katatura-hospitaal gaan besoek. Dit was om die minste te sê skokkend! Die kakkerlakke hardloop rond tot oor die bed. Saam met die pap kry die pasiënt ’n plastieklepeltjie, saam met die middagete ’n plastiekvurkie. Die jogurt moet sy maar uit die bakkie drink. Daar is geen klokkie nie. Sy kan nie opstaan nie. Die bedliggie werk nie. Toe ek vanaand met besoektyd daar kom, lê sy in die donker kamer, want daar kom niemand wat die hooflig kan kom aansit nie. Die verf dop van die mure af. Die hysbakke werk meeste van die tyd nie. Mense, as daar nie eens instandhouding is nie, wat is die toekoms van daardie lewensbelangrike plek?

Judge (sic) Gerrit van Pletzen. You are a star for not putting up with disrespectful behaviour. Thank you for being one of the judges (sic) who we can look up to.

NBC, julle nuusuitsending van Sondag 29 April was van die swakste uitsendings wat ons nog gesien het. Talle onderbrekings, propvol propaganda na 28 jaar van onafhanklikheid. Probeer ’n slag om iets reg te doen vir die publiek. “Its ours.” - Johan

Motoriste, wees asseblief baie versigtig as julle in die nag die pad naby Khomasdal-begraafplaas op pad na Augustineum toe ry. Hulle gooi die motors met klippe en mik vir die bestuurder se ruit. My man was gelukkig dat die klippe Saterdagaand die regtersy van die motor getref het.

President Hage Geingob, u beweer op ’n vergadering dat Swapo nie ’n Ovambo-party is nie. Kyk in jou kabinet en kyk in jou staatsdepartmente. Dan kan jy self sien dit is ’n Ovambo party.

Uiteindelik is Unam deur ’n beter span van die dag gewen. Ek wil graag ’n pluimpie gee vir Wanderers se afrigter (Vince Dreyer). Hy lewer altyd goeie, positiewe kommentaar van hulle teenstanders, veral van Unam. Hou so aan, jy sal ver kom, "coach" Dreyer. Van ’n Unam-ondersteuner.

ACC probe into corrupt tender/invoicing by Dandago Investments - these hugely inflated invoices are dated 2012 and 2015 and before a rake that costs 300 invoiced for 1 700, axe of 400 invoiced for 1 800 etc. You have all the proof, why have they not been procecuted to date, 6 years later? Should have been jailed years ago! Snake in the grass!

Waar kan huishulpe lenings aangaan? Die banke help nie. Ai jene, ’n mens sukkel darem!

Christo Wiese. Belaglik. Skaam jou. Jy sê geld is nie vir jou belangrik. Ek glo jou. As ek miljarde besit, sal ek ook so sê. Maar nou wil jy nog miljarde eis van die maatskappy waavan jy direkteur en voorsitter was, ‘n maatskappy wat sy direkteure meer as 20 miljoen per jaar betaal en dan sit en slaap hulle drie jaar lank sonder om agter te kom daar is bedrog. Jy wil 57 miljard terug hê, maar die klein belegger wat net ‘n paar aandele het, verloor feitlik alles. Hullehet daai paar aandele gekoop omdat hulle geglo het dat jy net kan wen as die groot, slim Christo Wiese die baas is van die maatskappy. Kom nou, dr. Wiese, los jou eis en kry ons geld terug.

Help, asb. Ek kan verstaan hoe kry die fabrieke jam in ‘n toe blik, maar hoe werk hierdie klein vliegtuie en geel en wit helikopters se stuurmeganisme? Kan die goed net links draai ??? Altyd net oor Pionierspark/Academia?? Nooit or Eros, Klein Windhoek of oor Auas Blick? Die goed maak ons in Pionierspark klaar!!

Ontmoet Joos Platt en vra hoekom hy my met gas gespuit het. Sy antwoord: Kla jy oor gratis opvoeding? Ek het jul maniere geleer. Volgende keer gaan jy vir ’n maand in die bed lê, dan kan jy genoeg briefies skryf aan die koerant. Is dit verskoning vra of dreig? Ek het stil gebly en geloop.

Alle oudleerlinge en leerkragte, ons hou reünie. Almal wat 1987-1990 by Junior Sekondêre Skool Empelheim was, datum is 18-20 Mei 2018. Kontak Sonny Kamure (Scheffers). Dankie.

Hiermee wil ek die volgende kennisgewing deurgee. Sokkertoernooi op Kauchas van 5de Mei 2018, loting van spanne op 4 Mei 2018, 20:00 in Rehoboth Blok C, erf 308. Die intreefooi van N$1 000 moet Vrydag by loting inbetaal word. Kontakpersoon – 081 669 7837.

Ek soek tog na ‘n persoon wat my graad 4-kind met wiskunde en “physical science” kan help. My nr. is 081 245 2377.

Kommentaar

Republikein 2026-01-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer