SMS'e vir 2 Junie 2021
SMS'e vir 2 Junie 2021

SMS'e vir 2 Junie 2021

"Waar is die dae ..."
Mandy Rittmann
Mnr. Johny Smith van TransNamib gorrel behoorlik op 31 Mei op die voorblad van Republikein. Hy speel met ongeluksyfers vir perspektief. Daaglikse onderhoud van die spoornetwerk bestaan net nie. Waar is die dae toe die baanmeester met vier werkers op ’n pomptrollie elke tree van die spoorlyn gepatrolleer en in puik toestand gehou het? - Peet Venter Snr

Red line, what does colonialism have to do with the red line? Talk to people who really knows what will happen to our meat export industry if foot and mouth disease spreads all over Namibia. Juan Simson Kauluma and Job Amupanda should rather ask that question and stop living in the past. Seriously do something constructive with your time instead of pushing rubbish.

Bokser Kakololo kan mos nie met yslike knop in kryt verskyn nie? - Oom Peet

Texas, definitief geen maskers meer vanaf 4 Junie. Was al gedeeltelik so vanaf einde Maart. Gaan lees julle koerante. Wanneer word Namibië wakker.

Bestaan die Parkeraad van CoW nog? Windhoek se sypaadjies in die dorp lyk verskriklik, dis net onkruid oral! Dis ’n skande! Alles gaan maar net agteruit.

City of Windhoek. Why is the water of Eros smelling so foul? It’s absolutely disgusting and surely not fit for human consumption.

As mens mos deesdae ’n besigheid op die naam noem, word jou SMS nie geplaas nie, so kom ons sê dan die groot koswinkel in Olympia, julle sien my nie weer nie. N$4 000 minder op julle boeke die maand. Daai opknap gaan my nie terug bring nie, tellers wat se monde op die grond hang die bietjie wat daar is en onbeskof verby. Koebaai vir julle.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer