SMS'e vir 19 Oktober 2020
SMS'e vir 19 Oktober 2020

SMS'e vir 19 Oktober 2020

". . . steel en bedrog . . ."
Mandy Rittmann
Martin Nel, die Namibiese regering is vrek slim as dit by steel en bedrog kom, maar hopeloos te onnosel as dit by ekonomiese herstel kom.

Apologie tussen twee persone is belangrik waar ’n konflik ontstaan het. Buiten dat die apologie van die eerste party kom, is dit van uiterste belang dat die tweede party die lug suiwer en ook apologie aan die eerste party deurgee. Dus aan die winkelassistente van die winkel te AH vra ek dan weereens nederig omverskoning vir my onvanpaste optrede. Ek verlang ’n hegte eenheid tussen die diensleweraar en die kliënt. Alle seën vir u wat daar werk. - P Koen

Hier by Walvisbaai-munisipaliteit is by rekeninge ’n totale gemors. Deposito van wateraansluitings van 2016 sukkel ek om die deposito reg te kry, want dis op die gewone rekening geplaas. Die jaar 2020 word die deposito van N$865 na N$1 300 verhoog en na vele gesprekke by die munisipaliteit is my N$865 net weg en ek moet nou N$1 300 betaal. Hoe werk dit, want volgens my was daar nog ’n deel van die ou deposito en hoekom word depositogeld nou net verhoog?

Kan minister van gender na Schlip se staatsdienswerkers ondersoek doen wat vir kindertoelae pay. Hoekom moet sommige GRN-werkers toelae kry en anders nie?

Het lesers al opgemerk dat die tendens is dat alle (sic.) misdade gepleeg deesdae vir evaluering na ‘n sielkundige / psigiater verwys word om die oorsaak te soek om tog te kyk of die gruweldaad dalk nie tersyde gestel kan word as gevolg van watse soms obskure rede ookal nie. Leka etsé my bra leka man!

In die Republikein van 16 Oktober staan in die lesersbydraes die man wat die baba verkrag het wat dood is, is ‘n dier. ‘n Dier verkrag nie klein diertjies nie. Byt ander diere se kleintjies dood, ja. Barbare verkrag kinders. Monsters verkrag babas.

The whole world is upside down. What is right is wrong and what is wrong is right. When you see things that are wrong and you try to correct it, it is wrong. But if you see things that are wrong and you do say nothing is wrong, it is OK, there is no problem. Does right and wrong as it should be exist in the world today? No! I do not think so.

Namibië was beter af voor onafhanklikheid. Die land was opgebou. Maar daarna het dit net af gegaan. Onbevoeg bly maar onbevoeg, maar in korrupsie is hulle experts. Swapo must go.

Verwys na my vorige skrywes van 4/8, 17/9, 20/9 en 21/9. Dan lees ek in vandag se koerant hoe vinnig ander dorpe se straatligte herstel word. Hierdie een by ons is al van Desember 2019 stukkend. – Duiwel van Outjo

Henties. Buite-koperkrane word afgesteel en verkoop hier in die dorp. Onthou: die deler is so goed soos die steler.

Kalkrand se Pinksterpastore van LPM het van die Here se pad afgedwaal. Dis net discomusiek wat gedans word en net politiek wat 1ste is. Hoe kan hulle nog pastore wees? Sies, skaam julle.

Die sielsvertelling van Kristien Kruger in die Republikein oor Stellenbosch is soos N. P. van Wyk Louw dit sou beskryf uitstekend om die minste te sê. Ongelukkig is die beskrywing die Stellenbosch van gister. – SAP&H

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer