SMS'e vir 19 Maart 20201
SMS'e vir 19 Maart 20201

SMS'e vir 19 Maart 20201

". . . wortel voor die neus."
Mandy Rittmann
Minister van gesondheid verkies middelman, terwyl hy gevra is om direk by die vervaardigers te koop. Maak u reg vir nog ’n paar millions waarvoor u moet opdok. - Suide Baster

Die publiek moet versigtig wees net na die s-draaie en cutting sowat 10 km buite Otavi van Kombat se kant af. Liederlike groot gate regoor die pad. Ek is ongeveer 2-3 weke gelede daar verby toe die paaiedepartement besig was om die pad te herstel. Natuurlik is die gate weer oopgery. Paaie dink mos herstelwerk is om die gate vol sand te gooi en bietjie vas te stamp. Ons moet hulle begin dagvaar vir ons skade. Waarvoor betaal ons tax? Duisende taxi's wat nie 'n sent tax betaal nie ry die paaie op en dan is die meeste nog uiters roekeloos ook. Word wakker verkeersmense en paaiedepartement uit jul diepe slaap en begin werk vir dit wat die publiek jul betaal.

Venaani, daar is niks fout met sy perks nie. Is dit die rigting wat ons voor gestem het? Die wortel voor die neus. Nou raak dit interessant. Wat as die ander ouens dieselfde claim. Politiek is ’n grap in Namibië. - Suide Baster

’n Gewaardeerde en opregte dankie aan dokter Jacques Terblanche en die dokters en personeel by Mediclinic, dr. Matthys Greeff, dr. Muller, suster Lukas, Miriam en al die ander vriendelike en behulpsame personeel. Julle omgee en toegewydheid is ’n riem onder die hart. Ek het tuis en versorg gevoel in julle skoon en netjiese hospitaal! - Berdine Kotze

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer