SMSu2019e vir 19 Julie 2021
SMSu2019e vir 19 Julie 2021

SMS’e vir 19 Julie 2021

"Ek verstaan nie."
Audrey Van Der Westhuizen
Waarom as jy kwaad is, winkels plunder en afbrand? Regtig mense is jy ’ n lafaard? Jou kos en klere kom uit daardie gebou. Die mense vir wie jy kwaad is, is nie in daardie gebou nie. Dink tog nugter asseblief. Jy vorder nie met daardie houding nie.

Kry 100 000 suurstofopwekkers goedkoop uit Indië en omskep sommige koshuise in hersteloorde. Kombuise, badkamers, beddens met personeel is klaar daar. Die skole is so by so toe. Steel net ’n bietjie minder dan is daar genoeg geld. - Boerseun

Ek wonder maar net wat die rede hiervoor is, almal wat nou te sterwe kom, word aan Covid toegeskryf. Ek weet van ’n paar gevalle wat die persoon van kanker, hartaanval ens. gesterf het, maar dan hoor jy dis Covid, maar op die doodsertifikaat is daar geen oorsaak van dood nie. Iewers is daar ’n slang in die gras. (Voorsien asseblief van volledige besonderhede. - Redakteur)

Baie dankie aan ons polisie en almal wat ons mense sowel as ons eiendomme wil beskerm. Dis soos wat die hoofinspekteur sê, ons is 'n vreedsame nasie, nie barbare nie.. Dis goed om te sien en te weet ons gemeenskap en polisie ondersteun mekaar. Dankie ook aan ons weermag vir jul hulp.

Toe ek my eerste inenting ontvang het, het die dokter gesê vir elkeen wat ingeënt word, word 'n vaksiene gebêre vir jou tweede inenting, maar o wee, van die belofte het dadels gekom. Nou is daar honderde mense wat net een inenting ontvang het. Van die mense het comorbilities. Maar so ken ons mos ons ou landjie. Altyd agter die klip!

Waarom het die regering nie beter beplan met die verkryging van die AstraZeneca-entstof nie? Nou sit die hele Mariental met mense wat paniekbevange raak omdat hul tweede AstraZeneca-spuit nie beskikbaar is nie. Swak kontroles in die ministerie.

Ons regering veg nie hard genoeg om AstraZeneca-voorraad in ons land in te voer nie. Duisende Namibiërs wat reeds hul eerste spuit entstof in April gekry het, wag tevergeefs vir die tweede een. Word wakker minister Shangula en kie! Nog-'n-bietjie-slaap, nog-'n-bietjie-sluimer met die entstowwe is onverantwoordelik!

Ek verstaan nie. ’ n Fabriek word afgebrand. Winkels en apteke word geplunder, mense se lewens word geneem, mense se werksplekke word vernietig, die vervoer wat jou werk toe neem, word aan die brand gesteek. Môre kry jy honger of jy word siek en wat dan? Gister het jy als vernietig! Hoe dom wil jy wees. Nee SA!

Ai jene, ons almal trek swaar in die pandemie. Kan eienaars nie bietjie afgaan met huur nie, veral in Katutura. Eienaars is gulsig, dink net aan hulself.

Baie dankie Sonia Martins, huisleningskonsultant van FNB Walvisbaai, vir uitstekende dienslewering. Voorwaar ’n aanwins vir die bank.

Ek soek tog help asseblief. Ek is ’n 47-jarige vrou en is werkloos. Nou soek ek tog huiswerk. Ek is baie netjies en betroubaar. Skakel 081 258 3641.

Kommentaar

Republikein 2025-08-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer