SMS'e vir 19 Februarie 2021
SMS'e vir 19 Februarie 2021

SMS'e vir 19 Februarie 2021

". . .vir N$300 en N$400. . ."
Mandy Rittmann
Kan die kinders nie asseblief weer normaal skool toe kom nie elke dag? Geen mens kan op so ’n treurige slakkepas skoolhou nie. Die kinders is in ’n traak-my-nie-agtige houding, en ’n mens sukkel om die kleintjies in junior primêr te leer. Die al om die ander dag werk nie. As ’n mens nie weet wat in ’n klaskamersituasie aangaan nie, sal jy ook nie verstaan hoeveel onderrigtyd gaan so verlore nie. Die kinders is heeltyd namiddag op straat en in groepe. Nou verstaan ek nie wat sal nou anders wees in die klaskamer nie.

Ek voel dis onregverdig dat ouers N$600 late subject entry fee moet betaal vir die eksamenresultaat van 'n graad 12-kandidaat. Ons het betyds vir alle vakke geregistreer en reeds eksamenfooie betaal verlede jaar. Ministerie van onderwys (Directorate of National Exams) moet asseblief verduidelik.

Al die dinge wat ons lees oor hoe ons land meer en meer bankrot gaan, is ’n tipiese voorbeeld van wanneer Klaas Baas gemaak word en Klaas is te arrogant of het te min insig om toe te gee dat hy moes geluister en geleer het toe hy nog Klaas was.

Hoekom bedank President Hage Geingob nie? Waar is die direkteure wat vir Air Namibia moes gelei het? Maak vir Leon Jooste president. MS Saban

Ek is so moeg vir die mense wat vir N$300 en N$400 in ons bed-en-ontbytplekke wil kom bly. Mense, maak julle sommetjies. Bedbelasting, gewone belasting, water en ligte en dan verwag hulle ’n ordentlike ontbyt. Wat dink julle bly oor? Kyk maar na die winkels se pryse wat elke dag opgaan. Volgens hulle kry net hulle swaar. Ek moet NHP gelukwens na 20 jaar het my paaiement met N$100 afgegaan. Nee mense, hou op om ons af te druk in pryse of gaan bly waar ontbyt nie bedien word nie. – Hester, Swakopmund

Hoeveel keer moet harde musiek en geraas van dieselfde huis, shebeen of kerk gerapporteer word, of is daar spesiale voorkeur aan spesifieke eiendomme?

Tielman se Jakkalsputz-storie was skreeusnaaks! Dit roep doerie tyd se kosbare herinneringe van vakansies by die see met weemoed en verlange op. Dankie Tielman, vertel asseblief nog sulke staaltjies wat ons heerlik laat lag.

Kommentaar

Republikein 2025-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer