SMS'e vir 19 Augustus 2020
SMS'e vir 19 Augustus 2020

SMS'e vir 19 Augustus 2020

". . . ook jou neus . . ."
Mandy Rittmann
Hou op kla! Dankie dat julle jagluiperd gehelp het. Al ewige klakouse van die land . . .

Maskers: Wat is die doel van ’n masker dra as dit net jou mond toemaak en nie ook jou neus nie?

Wou ook al ... eh eh eh skryf, ... eh eh eh, maar ... eh eh eh toe ... eh eh SMS iemand. Dankie man, jy het my dag gemaak!

Minister van gesondheid, u is duidelik nie bewus van wat by die Robert Mugabe-kliniek aangaan nie. Hoe op aarde kan dit veilig wees as daar geen afstandbeheer is nie vir mense wat hulleself wil laat toets. Personeel baie traag en neem middagtyd van 13:00 tot 15:00. So wag mense van 09:30 om eers na 21:30 by die huis te kom. Is dit ’n nuwe broeiplek vir die virus? Geen geriewe vir die publiek, terwyl kospakkies vir amptenare aangery word. Dit was nou gister 17 Augustus die geval.

Tina Becker, jy sê niks van die klomp Windhoekers wat kans gegee is Donderdag tot middernag om Noorde toe te ontsnap nie? Los nou maar vir Walvis, ons ken al hoe om te maak om te oorleef ten spyte van jul stigmatisering.

Help asseblief. Met wie kan ek gesels as jou werk jou forseer om te bedank?

Die afgelope naweek het Windhoek gewemel van motors vanaf die kus en Maandag was hul weer weg. Kan iemand dit asseblief verduidelik.

Republikein, groot asseblief, skuif tog die SMS’e na bladsy twee. Ons ondersteun steeds die koerant al is daar net 4 bladsye. Dankie.

In die tyd moet ons hande vat. Ek is geskok hoe familie in die tyd nog oor aardse goed kan stry. ’n Vrou wat nie ’n man het, mense julle moet groot word. Kry julle reg asseblief, tyd is min. Dankie.

Raad vir aambeie: Afrika-aartappel se seresalf. Gebruik mildelik vir minimum twee weke. Te koop by agente of sekere apteke.

Raad vir aambeie. Smeer dianas bulbinella-room aan. Wondermiddel, werk vir 60 probleme.

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer