SMS'e vir 18 Oktober 2017
SMS'e vir 18 Oktober 2017

SMS'e vir 18 Oktober 2017

“. . .tussen emosies en feite. . .”
Mandy Rittmann
Republikein 16 Oktober 2017, "Polisieman vra ná appèl”. Appèlhof gee vyf jaar opgeskort. Vraag is: Sal die polisie nog hulle werk effektief doen deur hom skuldig te vind op diens? Is dit nie die staat wat hom moet beskerm nie? Jammer vir die dood van die vrou. Glo dit was nie sy bedoeling nie.



Every church comes from the Roman Catholic Church. It's a no for profit organisation, it is not government whereby it's getting income, it is a church without income, so the church is innocent. The person died in 1989, now what is the use to embarass the church?



Die politieke magspel in Swapo raak interessant, waar dit blyk te wees dat die presidensie net deur die groot stam beman moet word en Hage net 'n "caretaker" rol moes speel, of hoe? Dis net Armas en Hage. Verder is dit net hulle. Waar is die geel, bruin, wit Swapo's? Net daar om kennis te neem van wat die groot stam besluit het? Sal die twee wat teen Hage staan op die einde saamsmelt en Hage "outvote"? Harambee word dan Hageb ba ko be! Ats! - Namalander



“SMS, hoekom moet olifante deur mense loop en die Here het vir hulle Etosha gegee?” Rêrig! Waar kom jy vandaan? Die mens is die indringer in die diere se wêreld, nie andersom nie. Diere se wêreld word kleiner en kleiner, hul habitat: veld, bome, woude word gestroop vir gierige mensegebruik. Waarheen moet hulle gaan? Ek het nog nie gehoor van diere wat kan lees en Etosha soek nie, waar hulle in elk geval soos orals boonop gejag word. Die mens is die een wat alles, die natuur verniel. Kyk hoe stukkend is die wêreld!



School Hostel in Omusati runs out of food as government holds urgent meeting on how to find N$30 million to pay caterers outstanding invoices? And that while we send 200 youth and ministers to Sochi on a joyride at N$5 million for the plane, never mind accommodation and subsistance? Absolutely scandelous, what an incapable, useless government - one stuff-up after the other!



Is dit nie tyd vir ernstige gesprekvoering oor dissipline, godsdiensonderrig en jaarlikse eksaminering vanaf graad een in skole?



New Era - Minister of Agriculture, Water and Forestry calls on all Namibians to do their part to ­protect and conserve indigenous tree and reduce deforestation, but they themselves hand out permits and contracts to the Chinese to actually deforest and desertify our country. Exporting millions of tonnes of hundreds years old trees for peanuts, which Chinese sell for millions in China?? Is there anything at all the government does that makes sense and or works? Poor Namibia!

Is demokrasie soos deur die wit Weste uiteengesit, toegepas en verkondig regtig gepas in Afrika? My beskeie mening is nee, ek glo nie. Om iets te predik en om iets te leef is so vêr verwyder van mekaar soos die Noordpool van die Suidpool. SAP&H



Rehoboth-Wes se skoonmaker en arbeider Facebook heeldag in die "boardroom". CRO, doen iets asseblief, want die raadslid is te swak. Gister toe ek daar kom, slaap hulle op die stoele.



Can someone explain the logic of NORED nonsense! To get connected you have to pay N$100 000 for the transformer yet it does not belong to you, it stays the property of NORED? According to the law what you buy and pay for belongs to you! According to Shinana and I quote: What does belong to you is actually the power? Great if that means you have free power from there onwards! I have ­never heard of a more stupid, irrational probably illegal deal!



I am also a business woman. Do the people know how much gets stolen every day, week, month and every year? We must explain the loss of stock. Come on Security Company's wake up!



Dit is baie belangrik om te onderskei tussen emosies en feite in verband met die minister en of ministerie van onderwys. Die redes is verskaf vir die uitstel van die vakaturebulletin. Korrupsie ("ghost teachers") en die bankrotskap van die regering is as die hoof redes verskaf. Albei probleme kom vir jare aan en die huidige minister moet haar beste doen om die skade aan onderwys te verminder. Die ander groot probleem is die getal poste van administrateurs wat verminder moet word om meer onderwysers aan te stel. Al die probleme is nie deur Katrina veroorsaak nie.



Aandag aan al ons voormalige Rössing werkers. Dit is so onregverdig dat Rössing baie jare terug nou bewyse soek soos “payslips, pension payroll, tax form” - ja, en nog baie ander goed, en as ons dit nie kan wys nie, dan kry ons net N$5 000,00. Het jy nou woorde vir sulke dinge? En nog iets, Rössing noem van 10 000 manne wat daar gewerk het. Rössing het dan nie bewyse van ons nie, nou waar kom Rössing aan dié getal 10 000. Laat iemand tog dit opvolg, groot asseblief.



Is dit nie dalk die gordyne wat van haar dae as Hardap-goewerneur kom wat sy nou vir skole aanbied? Dit was mos darem duur gordyne!



Ek wil tog raad vra. As jy jou kontrak gekanselleer het, hoekom moet jy regtig vier maande wag om jou geld terug te kan kry? Kan iemand my tog help asseblief.



Wat weet die werkersunie van PPP's. Dit is die werkersunie wat die land se ekonomie onder laat gaan. Dis al uitweg vir ons land, want die regering het nie meer geld vir tenders nie. Die werkersunie soek net die tender vir hulle families om hulself te verryk. PPP's skep werk vir ambagsmanne, nie vir kontrakteurs nie.



Ek soek tog raad vir brandvoete. Kan iemand tog help. Ek kan nie meer. Asseblief!



Drywer van N9402S is 'n gevaar vir die pad. Op pad vanaf Walvisbaai na Swakopmund op 12 Oktober 2017.



Kringdiaken van Windhoek, u moet ophou om vir die mense te lieg. Exodus Evangeliese Lutherse Kerk het nie eens een keer probeer om die kerk by die CCN te registreer nie. Praat tog die waarheid, u is immers 'n pastoor. Eto! Wat sê die tien gebooie? Ooh, pastoor Kheibeb, is dit nie genoeg nie? Hoekom kan hy nie Exodus uitlos nie. Weet jy jy “promot?



Dankie Stefanie van Standard Bank Keetmanshoop. Flinke diens met die opening van 'n rekening op 9 Oktober 2017. Binne halfuur en alles is afgehandel. Beveel julle graag aan. - Johan



Republikein, die alewige lofsange en gesprekke van Joos Platt raak nou eentonig en afgesaag. Wonder net of hy nie dalk self die SMS'e stuur nie? Kan jul dit nou asseblief afsluit?



Ons Prestige Desert Dash is amper weer op hande. Alle Namibiërs is trots op al ons deelnemers en hoop dat alles weer goed gaan. Sal graag antwoord wil kry of die deelnemers vir verbode middels getoets word? Skinderstories doen die rondte.



Kinders maak baie, kinders groot maak, baie min!



Kan die dwelmeenheid van Windhoek nie dit as dringend beskou om Rehoboth toe te kom nie? Kinders begin steel nou erg hier om hul duur dwelms te bekostig.



Kan iemand nie iets doen aan die honde wat so in Cimbebasia se strate rondloop nie?

Kommentaar

Republikein 2026-08-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer