SMS'e vir 18 November 2020
SMS'e vir 18 November 2020

SMS'e vir 18 November 2020

". . . of hulle gerook is."
Mandy Rittmann
Nou kyk, ’n mens moet seker nie verbaas wees oor die dinge wat gebeur nie. Dit gaan my verstand te bowe dat mense so goedertrou soveel duisende van hul swaar verdiende geld aan so ’n gladdehaarjakkals kan oorbetaal, sonder definitiewe bewyse dat die toere wel gaan plaasvind. Sy tydsberekening was perfek, want almal se aandag was iewers. Siende in die lig van Covid-19 en die inperkings moes daar tog iewers ’n klokkie gelui het. Julle is almal mislei. Dis altyd wys om ook ander mense se mening te kry. Hoop van harte dat julle iets sal terugkry. Slim vang sy baas.

Dankie Adolf Kaure, iemand wat besef ’n tweede golf kan kom. Hoop Namibiërs lees sy rubriek.

Ek verwonder my so aan die persoon, wat daarop uit is om die CEO van Keetmanshoop se munisipaliteit so te beswadder. Kry tog jou feite agtermekaar en wees ’n eerbare persoon, of is dit suur druiwe? Ek wonder of jy slaap in die aand.Geagte Comrade Kapere. Jy word lekker vals ingelig deur Swapo se Aranos-distrikskoördineerder. Waar was Jan Jarson voor onafhanklikheid? Vra vir ons van Aranos. Hy het glad nie voor onafhanklikheid vir Swapo ge-campaign nie.Ek wonder of die regeringsmanne nie al lankal dagga gebruik nie. Luister maar op radio of TV as hulle praat. Klink kompleet of hulle gerook is.

N$12 OTM-fooie! Dit op ’n N$100 wat baie in die laer inkomste groepe op ’n slag trek. Mense moet banke begin aanvat oor dit of rekenings skuif.

Die 12 tot 17 dollar bankkoste wat OTM’s nou met elke kontantontrekking hef, is ingestel om die verdwynde Covid-19-gelde weer te probeer verhaal. - SAP&H

Koste op OTM’s is ’n klug. Eers het die banke kliënte gedwing om die OTM te gebruik teen ’n laer koers net om hulle uit die banklokaal te hou. Nou sing hulle ’n ander storie. Nee wat, julle is besig om die kliënte uit te buit.

Kommentaar

Republikein 2026-06-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer