SMS'e vir 18 Mei 2020
". . . duurder as skoolfonds . . ."
Ek verstaan dat daar skole en gemeenskappe is wat ingerig is vir e-learning, maar mense, daar is gemeenskappe waar ouers nie inkomste het nie. Waar ouers hul werk verloor het. Party plase het nie selfoonopvangs nie en sommige mense het nie selfone nie. Ouers mag nie gedwing word om skoolfonds te betaal nie, maar nou word hul gedwing om byvoorbeeld Internet, Wi-Fi, selfone en laptops aan te skaf. Hierdie tegnologie kos geld. Dis goed wat op kontrak gekry moet word en wat elke maand betaal moet word en wat baie duurder as skoolfonds gaan uitwerk. Ons kan mos nie net vir sekere leerlinge e-learning gee en diegene wat dit nie kan bekostig nie moet nou maar verlief neem.
Dis ’n skande dat kerke nou al in ’n koerant moet hulp vra. Kerke is juis organisasies wat hulp moet verleen tydens krissise. As die regeerders kan partytjie hou op Sondag, kan ons seker kerk toe ook gaan? As ek winkel toe gemasker mag gaan, kan ek seker ook so kerk toe gaan? Ons moet bid vir Covid 19! Hoekom nie in die kerk nie? Ons moet geestelik ook in die kerk gevoed word. Word wakker, regeerders!
Wie sou ooit kon dink dat kerke se deure gesluit moet word. Ons baklei vir drank? Ons vrees ’n virus. Waarom moet ons vrees as ons sê en bely dat ons kinders van God is? Moet ons geloof nie sterker wees as die virus nie? Kom ons maak ons kerke se deure oop. Is dit nie waar ons genesing en redding is nie? In die kerk?
Ek verstaan daar is sekere winkels waar jy nie mag klere of warmgoed koop nie? Regtig mense, dit raak koud. Klere is blykbaar nie noodsaaklik nie? Dit verstaan ek glad nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie