SMS'e vir 18 Mei 2018
SMS'e vir 18 Mei 2018

SMS'e vir 18 Mei 2018

". . .ook miskien smeergeld gee. . ."
Mandy Rittmann
Dis goed en mooi om 'n landswye skoonmaakveldtog te reël. Die probleem strek egter veel verder. Die mense moet geleer en opgevoed word om nie te mors en hulle gemors oral te los nie. Dis hoog tyd dat morsjorse beboet word. Elkeen van ons het die verantwoordelikheid om daagliks toe te sien dat mense hulle gemors optel. As jy sien iemand los of gooi iets in die straat, spreek hom of haar op 'n mooi manier aan. Ek doen dit elke keer as ek dit sien en glo my, dit werk. Asseblief, mense, dit begin by jou huis. Ek het te veel selfrespek om selfs die kleinste item te los waar dit nie hoort nie.



Hoe is dit moontlik dat 'n reeksrower, met 13 strafklagtes vir meestal gewapende roof so ver terug as 2006, nog op vrye voet was, om weer en weer mense te bedreig en te beroof? Die regstelsel en polisie is "absolutely useless". Wil graag weet watter skoolstandaard hulle moet hê om polisiebeamptes te word en wat hul opleiding is?



Die koste om wildstropers uiteindelik voor die hof te bring, is baie hoog, asook die waarde van die wild wat uitgeroei word. Nou hoekom verbreek Namibië nie as 'n prioriteit alle bande met lande van waar wildstropers kom nie?



Ek wil net sê die mense, besigheidseienaars, ek dink julle is baie selfsugtig oor vakansiedae in Mei-maand. Julle is kortsigtig en wil net geld maak. Niemand verplig jou om jou besigheid vir 'n hele week te sluit nie. In vandag se samelewing gaan dit net oor geld en jou personeel moet maar bontstaan. Hou op geldgierig wees.



Motorbestuurders word getoets vir alkoholvlakke. Hoekom dan ook nie dwelmtoetse nie, of is die polisie onbevoeg?



Verwysings na Wet op Eiendomsagent­skappe, Wet 11 van 1976 en huurordonnansie 13 van 1977 om huurbeheerraad ingestel te kry spreek boekdele dat 'n mens nie die baba met die vuilwater by die agterdeur moet uitgooi nie. Hou so aan. Val terug op ou, standvastige waardes!



NaTIS Talstraat in Windhoek is darem pateties! Seker is die supervisor so treurig soos die personeel aan diens? Net een toonbank oop tydens middagete by hernuwings.



Kan Kalkrand-polisie tog nie dwelmverkopers en die slagters wat die veeboere so besteel toesluit en die kopers ook, dan sal hulle ophou met dit.



Wil tog graag hoor wanneer gaan die “okapyp” afgehaal word van die mark af. Dit is baie erg soos ek sukkel met my dogter. Sy loop en gaan somtyds en uitslaap, en as sy terug kom, dan is sy baie siek vir drie dae of 'n week. Ek weet nie wat sy en haar vriende gebruik. Ek bid en ander mense het ook vir haar al gebid, maar niks kom reg nie. Ek is raadop, want sy wil nie sê wat gebruik sy nie. Weet nie meer wat om te sê nie.



Kan iemand wat leef en omgee my help of antwoord. Wat op aarde kan die probleem wees dat "Social Security" so sukkel om mense se salarisse te betaal? Ek glo as jy nie gekies het om siek te wees nie, hoekom moet jy soebat en wag vir hierdie salaris om te oorleef, wat nog te sê op kraamverlof? Ek wil weet hoekom moet mense wat dit verdien en so nodig het tog so afgeknou word. Gee die wie betalings moet prosesseer niks om nie? Daar is kinders wat gevoed en geklee moet word en 'n nuwe baba ook en ander betalings om te oorleef. Kan iemand tog antwoord waarom mense so moet wag. Groot asseblief! Doen net iets!



Kan daar nie 'n SMS-antwoordkolom in werking gestel word nie? Dit tog duidelik dat SMS'e 'n opbouende bydrae kan lewer, of wat stel ander voor?



China / Communism: Will rule the world without firing one single shot. In die 1950'ers voorspel. Lyk of Afrika reeds in daardie rigting beweeg.



As jy aftree by die staat moet jy ook miskien smeergeld gee, anders sal jy tot 'n jaar wag vir jou pensioen-uitbetaling.



Windhoek-munisipaliteit: Vir hierdie jaar was Groot-Aub se pad seker een keer geskraap, maar dan wil julle weet hoeveel ons bereid is om te betaal, maar julle kom vererger of bespoedig agteruitgang. Kyk maar na die water. Voorheen het die regering die pad gereeld geskraap en water was drinkbaar.



Ek soek nou seker wors in 'n hondehok, maar is daar dalk 'n persoon wat nog orrels instem. Skakel my asseblief by 081 129 9385.



Ek is op soek na die kinders van wyle Arrie en Magrieta Izaaks. Skakel 081 227 1159.



Ek stel belang om die wasmasjien te kry. My naam is Rosetta - 081 680 406. Baie dankie.



Iemand het gesê sy gee 'n wasmasjien weg. Ek soek dit. Nommer 081 316 5730.

Kommentaar

Republikein 2025-08-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer