SMS'e vir 17 Julie 2020
"...by die erfbelasting insluit."
CoW kan nie eers hulle huidige take reg verrig nie, hoe wil hulle nog 5G bestuur? Wie gaan dit betaal? Seker weer net by die erfbelasting insluit. Ons as inwoners sal teen dit moet begin opstaan.
Met al die stories oor 5G wil ons graag weet wie installeer al daardie toerusting.
CoW en Huawei se konneksie reeds 4 maande gelede in die kolom bevraagteken na aanleiding van CoW se gepeuter met Paratus. Viva Al Jazeera, die mondstuk vir mense met integriteit.
Die moord op mnr. Ferrari se motief sal natuurlik as diefstal aangegee word deur die owerhede. Sulke brutaliteit is nie nodig om te steel nie, dus is die motief sadistiese barbarisme. Ek self was beroof van foon, beursie en dokumente en nadat ek alles aan die 3 rowers gegee het, het hulle my aangerand en daarvoor was daar geen rede nie. Dit is net vir hulle lekker.
Hoop Nudo kry alle ander partye se ondersteuning om Swapo se boeke te laat oopmaak. Mnr. Swartbooi, hier is nou iets vir jou. Jy lyk my nie om bang te wees nie!
Vakbond wil arbeidswet laat verander. Sou dit gebeur, sal masjiene mense vervang, wat armoede gaan bevorder. Dit is alreeds erg met die nuwe tegnologie.
Ek kon nog nooit verstaan het waarom moet ’n mens sy griewe op ander mense uithaal nie. Die arme vragmotorbestuurders wat nou geteister word in die RSA. Waarom moet daar vragmotors brandgesteek word, paaie versper word met brandende buitebande, mense aangerand of doodgemaak word? Geen probleem wat jy het word so opgelos met sulke barbaarse optredes nie. Jy kos net nog meer geld vir die land. Ek haal my hoed af vir elke vragmotorsbestuurder wat ’n geweldige verantwoordelike beroep het. Baie dankie vir elkeen van julle se onbaatsugtige diens wat jul lewer. Julle lewer ’n puik diens!
Namfisa, ek wag op jul regulering van Social Security se subsidiëring wat toegelaat word. Wat vir mediese fondse geld, geld mos vir almal?
Ek sukkel nou drie jaar met Legal Aid om my man se huis op my naam te kry. Al wat ek hoor, is wag net. Maar as dit moord- en verkragsake is, dan gee hulle gou regshulp. Dit is die goed wat ons nie met die vorige regering mee gesukkel het nie. Nou word geld gemors op mense wat skuldig sal bevind word. Laat Legal Aid sokkies optrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie