SMS'e vir 17 Februarie 2020
". . . onder 'n skuilnaam . . ."
"Diens in Namibië" verwysend na Dewet Botes se skrywe. Ek het al gedink die president moet onder ’n skuilnaam briewe van navraag uitstuur na staatsdepartemente net om te sien wat die terugvoer op sy skrywes is. Ek moes in die verlede vyf maande wag dat ’n brief onderteken word; dit nadat ek die persoon gaan besoek het by sy kantoor om vas te stel wat van my brief geword het. Ek moes toe vasstel dat my brief op die persoon se lessenaar lê en stof vergaar. – Hene
CoW kan nie eers asblikke of watermeters hanteer. Gedurig uit voorraad. Nou hoe wil hul nou veselkabels hanteer, nadat hul hulself die monopolie toegeken het om alleenlik in Windhoek te installeer. Jul moet gaan navors wat dienslewering beteken en probeer dit eers regkry.
Ek het altyd gedink CoW beteken koei, totdat ek uitgevind het die letters CoW staan vir City of Windhoek. Hoe lank is die koei nou al dood? In Augustus 2019 het CoW laat weet die afslag op elektrisiteit vir oumense sal eersdaags deurkom, maar ek betaal nog steeds N$1 000 vir 479 eenhede. CoW may you RIP.
CoW en Paratus op ’n terrein waar CoW glad nie gekwalifiseer is nie. Hier by Lolopark het Paratus hulle spore selfs by die bostoilet doodgevee. CoW moet net weer ’n slag kom flush as hulle so besorg is oor die toestand van infrastruktuur.
Help! Hoe kan jy nog in vandag se lewe N$2 500 pay, terwyl jy kinders het wat aantrek, eet en blyplek moet betaal? Al vyf maande gewerk, kry geen payslip en kry niks voordele. Dit is darem erg.
Ek het vier maande terug vir hulp gaan aanklop by Legal Aid, omdat die vrou van my geskei het en na haar huis toe is. Op een huis is ons name saam en die ander huis is net in die vrou se naam, net om die huise te deel dat elkeen plek het. Ek wil die vrou se naam van die huis verwyder, maar dis afgekeur, maar die mense wat moord pleeg en verkrag, kry vinnig hulp van Legal Aid.
My hart word so swak as ek net by die punt kom dat van ons oumense net van daardie N$1 300 afhanklik is wat die government vir ons gee. Ek is nie ondankbaar nie, maar regtig, ek kan nie met daardie geldjies oorleef, want ek betaal dieselfde geld vir my brood en botter as wat die ryk mense betaal. Als word verhoog, tot die TV-lisensie is ook nou verhoog. Daarom vra ek: kan die government nie tog vir ons oumense meer verhoging gee en tog nie net weer N$50 nie.
Direkteur van onderwys, Khomasstreek. Praat asseblief met u inspekteurs sodat hulle ophou skoolhoofde beskerm en hul werk doen. Waarheen moet onderwysers gaan met hul probleme? Sommige van ons wil nie na die unions toe eers hardloop nie. Doen net iets.
Robert Mugabe se verkeersligte, vanaf WHS rigting Kleine Kuppe. Kan die verkeersafdeling nie asseblief die verkeersligte se tyd langer stel sodat verkeer 5 uur namiddag en 07:30 oggende vinniger kan vloei nie?
Swapo you better get rid off these retired generals who want to fire us, the old ex-combatant guards of NPS! We will fight them and that will demolish the company.
Lady Pohamba, wat ‘n ongelooflike skoon en netjiese hospitaal. Die personeel is so vriendelik en laat jou onmiddellik tuis voel. Baie dankie. Puik hospitaal en personeel.
Fantastic service by Adri Britten at Paramount Health Care Centre, Eros. You always go the extra mile with a smile!
Vir ’n tweede agtereenvolgende jaar is ek in my enorme onnoselheid deur MTC se Win for Free-kompetisie bo-oor gegooi. Ek maak 250 000 punte bymekaar, maar kry nie op ’n dag 5 dollar se lugtyd. Ek moet liewers deelneem aan Kissing Secrets, Weird and Wacky, Weight Loss Tips teen N$1 per dag. Wat ’n klug. – Keith
Selfdegeslagliefde, mooi gesê Denver.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie