SMS'e vir 17 Augustus 2016
SMS'e vir 17 Augustus 2016

SMS'e vir 17 Augustus 2016

“. . . tax met ’n smile betaal!”
Gerine Hoff
Hoe lank moet dronk bestuurders nog agter ’n stuur inklim en ander onskuldige mense se dood veroorsaak? Doen asb. iets aan drankmisbruik dié wat wette maak!


Rep 16/8: Beamptes wat Franse mans help, hoe ongelooflik goed is dit van hulle. Net ’n jammer hulle name is nie bekend nie! Dit is die tipe beamptes waarvoor ek my tax met ’n smile betaal! Well done!


Stem saam. Hoe kies mens ’n dorp van die jaar? As almal so vuil is en dit vir toerisme? Te dik vir ’n daalder! Moes liewer gesê het: Dorpe moet skoon/netjies gemaak word. DAN die skoonste dorp gekies het!


Elke liewe dag is dit net oor die “struggle kids”, maar ek sien hulle as “trouble kids”! Great uncle Rehoboth


Ons regstelsel is pateties. Na byna ’n maand kon geen landdros nog my beskermingsbevel onderteken nie. So intussen kan mens aangerand of vermoor word. Magistraat is gedurig siek, op studieverlof of op ’n kursus. Mens vra juis om beskerm te word! En dan is daar niemand anders om te help en te teken nie. Skande!


Huurbeheerraad, ek hoop julle maak seker dat julle genoeg blyplek het vir alle huurders. Ek sal maar net kennis gee aan my huurder, want ’n ander ou sal nie vir my besluit oor my eiendom nie! Namibia is nie meer demokraties nie. Zim no 2.


Child drowns in 7 meter deep well while collecting water right next to German donated diesel plant not working due to government negligence. How can the govt after 26 years of independence still not provide its own people with running water? Unnecessary luxury projects worth billions seem to be much more important than people!


Hoe kan ’n skool jou afkeur vir volgende jaar se graad 1, maar ek het al van 4 uur die oggend in ry gestaan. Kind word vroeg volgende jaar 7 en “pre-primary report” is goed.


TransNamib-voertuie: Tsumeb-voertuie bly werkstye en naweke by Omatara en sjebeens. Wanneer werk die werkers?


GRN 4, swart Mercedes: Wat maak jou beter as die ander bestuurders dat jy Sondag 14 Aug van Okahandja na Windhoek teen beslis meer as 160 km/h gejaag en boonop vyf voertuie op een slag verbygesteek het? Jy werk vir die regering, ry met ander se belastinggeld en is veronderstel om met jou hoë posisie ’n goeie voorbeeld te stel. Ek hoop die agbare staatspresident begin ook teen hierdie onverantwoordelike amptenare op te tree. Skort hul motorvoordele op!


Almal wat my gebel het oor Jigsi-mur, baie dankie, ek het dit gekry. Ek waardeer daai oproepe en SMS’e. Ek het dit terdeë geniet. My selfoon was omtrent besig. Die Here seën julle.


Is hier ’n sweer vrou [sic] in Usakos of Karibib? Ons het haar hulp nodig.


Republikein 12 Augustus 2016. Hoe kan kinders verkeerde dinge by die skool leer? Wat pouses en middae gebeur, is nie die skool se skuld nie, maar uitsluitlik dié van jou kind. Mnr./mev., as jy die fondasie in jou kind se lewe reg lê, sal jou opvoeding nie platval nie. Kom ons hou aan bid vir ons kinders, maar kom ons as ouers leer hulle ook om SAAM te bid.


Ngatjizeko, ek bid dat daar iets met die huurbeheerraad sal gebeur. My persoonlike raad is dat jou huur nie meer as ’n derde van jou salaris oorskry nie. Ons hele salaris gaan net so vir huur. Dan praat ek nie eens van die deposito wat ook nog betaal moet word nie. So laat die verhuurders ook kan voel hoe voel dit om jou hele sente vir hulle te gee. Hoop die verhuurderswet word ook gou ingestel. Mnr., jy besit seker ’n klomp huise. Laat jou plek maar dan leeg staan soos wat jy in die koerant skryf.


Is daar dalk iemand wat ’n 2e handse laptop/computer aan Seniorpark in Pionierspark se kantoor kan gee/skenk. Hul benodig dit dringend. Sal baie waardeer word. Dankie.


Inwoners in Henning Village, Kleine Kuppe, pas asb. julle katte mooi op. Daar is iemand daar wat van ons diere ontslae raak. Twee van my katte het verdwyn met naamplaatjies en al!


Demokrasie kan seker werk as wette gemaak word om mense verantwoordelikheid te leer en om misdaad minder te maak, maar nou word alles net gedoen om mag te behou ongeag wat die gevolge gaan wees.


Liewe planeet aarde: Die vlieë van Okahandja is nou terug van die Olimpiese Spele. Omdat ons dorp nie sportfasiliteite het nie, wemel die vlieë in die dorp se restaurante en in ons huise. Munisipaliteit, dit is u plig. Doen iets.


By een van Groot-Aub se kroeë was ek aangerand van Windhoek se polisie vir geen rede nie. Ons soek help.


Ek soek hulp asb. Onse huis het afgebrand, maar ons het niks help van die “councillor” af gekry nie. Nou soek ek help, as die lesers miskien kan help met pale, balke en sinke. Asb., ons sal dit waardeer. Kontak my by 081 800 2542 as u kan of wil help.


Nantu!? Die onderwysers soek resultate, nie uitstellings nie. Ons wil aksie neem.


Kan iemand my sê hoe ’n mens afval kan skoonmaak?


Is die droogtehulp vir diere net bedoel vir Erongo? Wat van streke soos Hardap, //Kharas, Omaheke en ander drooggeteisterde streke? Kommunale boer, Hardap


Ek wil graag my dank uitspreek teenoor almal wat so behulpsaam was met my soeke na ’n rolstoel.


President Geingob, die ou mense is besig om hul grond te verloor by plaas Kransneus. Dié met geld het al hektaars gaan omkamp. Tree asb. in.


Kan iemand my oom help met ’n ou rolstoel wat rondstaan? Ons bly in Walvis. God seën u. 081 254 8232.


Minister Sophia, kan residensiële erwe weer aan individue gegee word? Die middelmanne wat die grond kry, is finansieel moordenaars. Wurg ons met die plot en plan en hulle ry die een blink kar op die ander.


Kan die City of Windhoek asb. een Unam-bus van 8ste Laan ook mense wat Olympia toe gaan laat saam laai. Ons kry nie Olympia van 5 uur af hier in 8ste Laan nie asb.


Namibiese dwelmtak, het julle al ooit gehoor van Hanekamstraat in Khomasdal oftewel die dwelm en “spin city”-straat? Het julle miskien dwelmlisensies uitgereik of is dit een van julle besighede? In hierdie straat loop baie mense – oud, jonk, manlik en vroulik se toekomsplanne en selfs huwelike dood. Hou op toelaat dat dwelms ons gemeenskappe vernietig. Doen jul werk.


Geagte sinodale van ELKRN. Ek bly geskok van die leuens wat die sogenoemde mnr. Abraham Kheibeb aan die sinode verduidelik aangaande Rehoboth. Selfde mnr. Pieters het vir mnr. Kheibeb verslae geskryf en ’n toespraak vir die visebiskop. Onder geen omstandighede was die Katolieke broers betrokke. Mnr. Kheibeb, haal jou fokus weg van Exodus Lutherse Kerk en maak Gods skape bymekaar. U is jaloers op die verhouding wat hierdie 3 broers het. Vertel die waarheid aan die sinode dat u die gemeente wou oorgevat het, maar nie daarin kon slaag nie. ELKRN soos gewoonlik het hulle dit reggekry, maar God slaap nie.

Kommentaar

Republikein 2025-08-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer