SMS'e vir 17 April 2019
Namibiërs, kom ons staan saam en soek die lafaard wat die sluipmoord op Eckhart Mueller en Heimo Hellwig van NIMT gepleeg het. Hulle het goeie vakmanne met hoë standaarde opgelei. Nimt is die beste opleidingfasiliteit in Namibië.
Of dit ’n roltrap (Maerua Malll) of ’n hysbak (Iyambo) is, is die bedoeling nie dat dit die bevolking ’n maagpyn moes gee nie. Dit moet ons net by ’n bestemming besorg. Asseblief, doen iets! – Pietrossie
"'Dronk' bestuurder maak noodlottige ongeluk": Dankie taxidrywer, ons het meer landsburgers soos u nodig.
Volpunte vir die taxibestuurder wat die vlugtende bestuurder gevang het na dié se noodlottige ongeluk skynbaar of vermoedelik weens die invloed van drank. Indien die persoon nugter was, moet hy in elk geval op ’n veilige plek bewaar word met geen groter uitdaging as ’n gewone kruiwa nie.
Die Founding Concerned Group is nou in beheer van Nam rugby. Los hulle uit!
Phil Davies en sy afrigtingspan was nooit ’n probleem vir ons rugby nie. Die gekarring van onbeholpe en ondeurdagte administrateurs wel.
So jy kan maar net jou geheuestokkie uitpluk en niks sal gebeur nie? Ek verskil van die artikel gister in Republikein. Die geheuestokkie kry sy krag deur die USB port. As jy nie die krag afhaal van die USB port af deur die “Safe to Remove” opsie nie, kan jy die USB port en die geheuestokkie beskadig. Dit het nooit net oor datakorrupsie op die geheuestokkie gegaan nie. Geheuestokkies is ’n tydelike stoormedium wat ook korrup kan raak as dit aan sterk elektriese en magnetiese velde blootgestel sou word.
Versekering: Ek was vir tien jaar by julle, maar nou dat my kar gestamp is en omdat ek 'n pensioenaris is, moet ek eers 'n bybetaling doen, voor daar enigiets gedoen word. Nee, dit werk nie so nie, hoor! Skelms . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie