SMS'e vir 16 Februarie 2021
". . .die ware goed. . ."
Dank die hele Education se groot koppe af, hulle wil die kinders straat toe stuur soos Air Namibia.
My magtie Swapo, kan julle niks reg en ordentlik doen nie? By alles wat julle al opgemors het, voeg ons nou die lughawens se navigasietoerusting by. Is dit moontlik dat ’n regering so vrot kan wees? As julle nie die kennis het nie, vra dan vir dié wat het. Ek treur oor my land. Mnr. Jooste, jy sal jou sokkies moet optrek, so nie kom hier ’n mislukte staat.
Die gebaar rondom die regmaak van slaggate na die onlangse bogemiddelde reëns plaas nou ’n groot vraagteken oor die munisipale beheptheid met standbeelde en straatnaamborde. Eintlik is daar genoeg mannekrag en fondse, maar dit word gemors op sinnelose projekte.
Nou kom die ware goed uit. Die fat cats het seker gemaak ten koste van die armes. Die media berig elke dag iets oor Fishrot en ander korrupsie. Almal, leiers of political connected. - Suide Baster
Ek wil tog weet waar kan ek vir dr. Job Amupanda gaan sien, persoonlik, oor my munisipale rekening. Ek kan nie jaar in en jaar uit net vir die munisipaliteit werk nie.
Ombudsman, prokureur-generaal, Law Society en Regshulpsentrum, kan ’n prokureur of advokaat van die kliënt betaling eis wanneer die regsverteenwoordiger sonder kennisgewing aan die hof en kliënt versuim om die hof by te woon ter verdediging. Hofminagting, growwe nalatigheid of teeneis?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie