SMS'e vir 15 September 2020
"...die langtermyn gevolge..."
Stadig nou met vragvliegtuie vir die entstof van Covid-19. Kyk eers na die langtermyn gevolge en newe-effekte al dan nie voor julle die wêreldpopulasie se lewens op die spel plaas!
Wie op aarde wil hê die diere by N/a’an ku sê moet of vrygelaat of uitgesit word! N/a’an ku sê doen alle moeite om diere wat vrygelaat kan word, ook weer vry te laat. Diere wat self nie in vryheid kan oorleef het ’n goeie lewe op N/a’an ku sê. Baie mense van die buiteland kom bly op N/a’an ku sê om die diere te leer ken. Los N/a’an ku sê uit! Hulle doen sulke waardevolle werk. Die reg om te lewe is deel van ons grondwet. Dit geld ook vir wilde diere!
As Covid-19 ons Namibiërs een ding geleer het, is dit hoe belangrik toerisme vir ons ekonomie is. Hierdie is ’n spesifieke versoek aan die minister van die omgewing, bosbou en toerisme om seker te maak dat die immigrasie- en doeane-amptenare opgelei word, om vriendelik, verwelkomend en professioneel teenoor alle mense te wees wat die land inkom. Hul gedrag is die eerste indruk wat ’n besoeker ervaar en hulle het reeds ’n reputasie van onbeskoftheid. Ruk hulle reg asseblief.
Hoe langer die inperking, hoe langer gaan ons met die virus sit. Ons kan tog nie dorp vir dorp toemaak nie of streek vir streek. Die virus versprei net erger met die toemaak van dorpe. Maak oop, dat ons kan normaliseer. Ons moet net hou by ons maskers en hande-ontsmetting. Elke persoon moet hom of haar self oppas.
Besighede se aantal kliënte het dramaties afgeneem, nie net as gevolg van die lockdown nie, maar as gevolg van die eindelose invul van persoonlike gegewins, wat niemand nog ooit gebruik het nie.
Maatreëls teen Covid doeltreffend? Grappie. Al wat doeltreffend was, was die verwoesting van ons vryheid en die ekonomie.
Teen die tempo wat die registrasie plaasvind, sal daar nie veel mense kan registreer nie. Waar ek gaan registreer het, was daar nie meer as twee mense per uur gehelp nie. Dit lyk kompleet of daar vertragingstakiek toegepas word.
Mense wag lank in ry by Paramount, Eros, om as kiesers te registreer en nou word hulle huis toe gestuur, kom môre terug, want handtekeningkussing werk nie!
Registrasiepunt Avis. Dankie aan die vriendelike en behulpsame personeel wat hul pligte onder haglike omstandighede moet verrig. Wat ’n skande dat geen voorsiening gemaak is vir fasiliteite om water te verkoel te midde van hitte. Skokkend om te sien dat geen toiletgeriewe beskikbaar gestel is vir personeel wat ook uit dames bestaan. Die fasiliteite daargestel is pateties!
Regtig? Die land kry mos geld vir Covid. Waarom nou die staatsamptenare se salarisse verminder? Daar kan mos van die politici gevat word. Hul kry mos maandeliks en jaarliks baie meer as die gewone staatsamptenare. Wanneer laas het die staatsamptenare in elk geval verhoging gehad.
Vandag, 12 September 2020, verkiesingsregistrasiespan onder leiding van Glenda op Groot-Aub. “Well done” Glenda en span, julle ken hoe om met mense en grootmense te werk, mag God julle lei in julle werk. Julle het ’n diens gelewer, al het die masjiene gemors in die begin. Nie die span van Maandag tot Woensdag. Hulle was baie onbeskof met hulle se polisie, maar die Groot-Aub se twee polisie ken hulle werk. “Well done”, 12 September se groep.
Suster Shirley en almal by Rhino Park hospitaal. Baie dankie vir al die hulp aan Berlindes Uwu-khaes, kamer 12 en ook dr. Zikhali en personeel. Dankie vir die hulp aan Berlindes. Maria Balzar, God bless.
Om te bid en te boer. ’n Tyd en nog ’n tyd gelede moes ek noodgedwonge kom boer. Alhoewel, wil boer in ’n mate deel daarvan was, want boer is uitgebeitel in my bloed. Die Groot Boek leer waarvoor jy bid, sal jy ontvang, daarom het bid elke dag die grootste deel van die boerderyresep uitgemaak, maar soos vele ander kere het 2019 se droogte die Groot Boek verkeerd bewys. Van boer en bid en boer en bid het net die leë beloftes oorgebly. Nou maak ons maar soos die Groot Boek sê, moenie worry oor die dag van môre nie, kyk na die voëls van die Hemel, hulle werk nie, maar tog word hulle elke dag gevoed, sonder dat hulle boer en bid. Ek weet van nog iemand wat nie boer of bid nie en elke dag eet, selfs aanteel soos die sand van die see.
Ek luister graag na Ramaposa as hy praat, want hy praat duidelik en mompel nie soos ander.
Wil tog net sê, u met die wit golf wat gister vanaf inkomste se kant voor ons ingedraai het en maniere probeer wys, dis nie hoe dinge gedoen word nie.
Wat is die nodigheid, dat jy jou ID-nommer moet verskaf, as jou foonnommer daar is? Kan iemand tog antwoord daarop. Jou ID is persoonlik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie