SMS''e vir 15 September 2016
SMS''e vir 15 September 2016

SMS''e vir 15 September 2016

“. . . onderwys is die antwoord op die armoede-uitwissing.”
Gerine Hoff
Ek is dankbaar vir alles wat my onderwysers vir my gedoen het, want vandag sit ek in ’n goeie werk, het 2 motors en ’n huis en ek dink daar is duisende mense wat sal saamstem dat onderwysers vir hulle ook gehelp het om te kom waar hul nou is. Dit wil vir my sê onderwys is die antwoord op armoede-uitwissing en nie ministers wat in kantore sit en groot salarisse trek en niks doen nie. Sny ministers se toelae en salarisse en betaal die onderwysers meer – dis die antwoord op “fight” teen armoede. Onderwys beteken baie meer vir die land.

“Nog ’n ramp tref boere”. Ja toe, laat die duur oorplaatjies wat ons moet koop om ons beeste se ore te ontsier, nou uitwys waar die bees met die ontoelaatbare middel vandaan kom. Ons weet dit is net ’n geldmakery vir sekere mense; net so sal dit wees met die dubbele oorplaatjies vir skaap en bokke. Dis belaglik – die hele spul. – Eddie

Mnr. Schlettwein, u wil bespaar en meer geld invorder, maar u sal eers van die adders aan die regering se boesem moet ontslae raak. Die kunswerk van Koos van Ellinckhuijzen wat nou skroot is, kon sekerlik vir ’n paar duisend dollar verkoop word? Dink net as die lekkende reservoir by Von Bach reggemaak word, hoeveel meer geld kan NamWater verdien as hulle dit aan ons stadsjapies verkoop?

Lesers wat so kla oor dorpsraad regoor die land – julle het gestem vir hulle, so bly stil tot die volgende verkiesing en die wat nie stem nie, het niks om oor te kla nie. – Basterseun

Now the Chinese want to export live seals, dolphins, penguins and whales under cover of Asian aquarium trade and scientific research? Shocking! Another corrupt trade and I bet the goverment will go for it. What a sick world we live in!

Lüderitz se water het ook nou met 100% net by sekere mense gestyg. Nou hoe moet ons armoede beveg? Want jou kinders ly dan ook daaronder. Jy kan maar sê dis ’n “Family Council”.

Grond en produksiewaarde: Sodra die regering jou belas, moet jy net dit ook in ag neem. Betaal die keiser wat hom toekom gebaseer op produksiewaarde en hoër waardasiewaarde. Jy wil dit as sekuriteit by die bank gebruik, maar as jy moet belas word, is dit skielik slegs teen produksiewaarde. Moenie skielik die ander skoen aantrek nes dit jou pas nie. Of trek weg uit Namibië as jy nie onder die regering wil staan nie.

“Sport moet bou nie breek nie”. Hoe is dit dan dat Wanderers so baie spelers in die Namibiese span het? Is daar nie ander klubs ook in Windhoek en die hele Namibië nie? Ek vra net! En moet sê Unam speel puik rugby.

Diegene wat nie in die onderwys is nie, jy het geen idee wat onderwysers als moet doen en deurmaak nie. As jy gedink het dit stop by net skoolhou, maak jy ’n groot fout. Vergewis jou van wat aangaan, dan praat ons weer.

Oom Koos Pretorius, Republikein 14.9 se skrywe verwys. Die sker­pioen staan op rivierwal en vra padda moet hom op sy rug laai en oorswem na oorkantse wal. Nee sê padda, jy gaan my doodsteek. Hoekom sal ek dit doen, vra skerpioen.­ Ek het jou dan nodig om my oor te vat. So gemaak, swem padda vir skerpie toe oor. By oorkantse wal aangekom net voor skerpie afklim, angel hy vir padda wat op sy beurt vir skerpie herinner aan wat hy gesê het. “Soooorry” sê skerpie, dis in my aard.

Minister van behuising, stadsvaders en -moeders. Jul is beplanners en reguleerders van ons stad. Hoë pryse is jul verantwoordelikheid. Waar is jul behuising vir jeugsentrums, wonings vir lae inkomstegroepe, middel inkomste en dies meer? Jul beplanning laat veel te wense oor. Mens beplan behuisingsontwikkeling vir sekere inkomstegroepe. Iets waarvan Windhoek nog nooit gehoor het nie.

Mens raak moedeloos om van al die motorongelukke en sterftes op ons paaie te lees. Maklikste oplossing: Kry siviele voertuie met spoed­kameras in. Dié ry en patrolleer die hoofroetes op en af soos in Europa. Padblokkades is tog sinneloos!

Ja, sê asb vir my waar moet ek met my sedanvoertuig heen as daar ’n randsteen is en ’n waansinnige bestuurder van ’n slingerende voertuig storm soos ’n mal ding op my af? Dit help nie mens kla nie – die regering traak doodeenvoudig nie oor die gewone belastingbetalers nie.

Aan die siel wat kerm oor bobbejane op GROEN Namibië – wat is fout met jou? Dit is die interessantste ding op Groen. Hou op kyk as dit jou nie pas nie.

Ek stem 100 persent saam met Eugenia Dobson oor selfverdedigingsklasse vir jong meisies en skooldogters teen die bose elemente van verkragting. – Afgetrede onderwyseres

Weet lesers dat menige van mense in die regering N$70 000 +p.m. ­verdien waarvan ek en jy (Jan Publiek) die salarisse betaal? My voorstel: Betaal niemand in die regering meer as N$20 000 p.m. (bruto) nie. – Amen

Weermaglede werk nie. Besit “cash loans” en sjebeens waar hulle duisende dollar verdien. Ek praat uit ondervinding. Arme onderwysers is vasgevang in die bose “cash loans”. Ek was ook daar. Gee die onderwysers wat hulle toekom. – Afgetrede onnie

Vigstoets: Die persoon wat getoets is vir AIDS kan miskien Newstart toe gaan vir hulp of gaan na die 5de of 6de vloer van die Katutura-hospitaal toe en vra daar waantoe jy moet gaan. Ons huishulp gaan lê altyd daar as sy siek word en sy gebruik daai medikasie en sy is op en wakker. Jy sal nog lank lewe. “God bless you”.

Hoekom mag ons in Rehoboth nie swembaddens bou nie? Die dorp het lank voor die dam gebou is bevredigende watervoorsiening geniet.

Ek vra met onderdanige hart laat ons wag en kyk wat wil ons president doen en vir hom kans gee laat hy eers konsentreer op die armoede, werkloosheid en alle slegte dinge wat in ons mooi land inkruip. Die’s wat werk, het darem ietsie om te eet, maar dink aan die huisgesin wat nie werk het nie. Hoe lewe hulle? Ek dink dat ons met gehoorsaamheid, lankmoedigheid en onderdanige harte in Namibië alles sal oorwin met gebed. Dankie. – Magdalena !Naibas #gaeses, Grootfontein

I fail to understand how the Hardap Education Office operates. Can’t some officials be sent on training about customer service? Can’t there be training on being a servant? Because they are Public Servants! Or am I the only one around here complaining? If we teachers enquire regarding our personnel issues we are regarded as being a nuisance. We are named as ever hungry teachers. Where shall we go for our personnel issues if not to them? Those are the same officials who are running around between offices for their own things. We, the teachers, their clients, are treated as trash by them. It takes almost 5 months to get refunds. I’m still waiting for a refund in overpayment by the attorneys. Just someone is too high or too lazy to do his/her job. The library is not even 30 minutes walk from the Education Office yet someone sits for 2 weeks to get transport to pay in a cheque at the library. Transport for 10 minutes distance. Tell you me!? The same officials who are in the streets during working hours for personal issues. This is an unacceptable state of affairs. Some of us were public servants in senior government offices before and after independence. Please take note Hardap Education officials.

Is die Dippenaar-sage soos met die dwelmeenheid se ondersoek, beide nou op ys of in “file” 13, wat beteken dis weg? – Gerald

Ds. Jansen, vertrou op die Here, daar is baie klipgooiers. Onthou die wiel draai en staan elke keer op ’n ander plek. Die koortjie sê daar is plek by die kruis, tienduisend het gekom en daar is nog plek vir jou. – Hartseer inwoner van Duineveld

Kan ons samelewing tog bedag wees en enige vorm van dieremishandeling aanmeld by die stadspolisie of “SPCA”? Daar word daagliks diere mishandel. Ons moet saamstaan en hierdie diere uit die kloue van die mens bevry.

Aanstellings by hostels ’n klug. Matrones wat nog meer as 20 jare het om te werk vir die regering, word afgekeur en dies wat geen hostelagtergrond het nie, word aangestel. Maar die minister het gesê sy is my vriend se vrou, so al was sy 4de in die “interview”, het ek vir haar die werk gegee. So hoekom sal die werkers dit nie ook doen nie? Asb., minister Katrina, kom kyk dat die ding reggestel word. – Ontevrede werkers by hostels

Geld wat stom is, maak reg wat krom is. Mens kan jou sertifikate koop en jou grade, maar die hele wêreld sien aan jou gedrag, sprake en doendinge. Het jy ook dalk gekoop ? Pas op!

Keetmanshoop munisipale raads­lede, dankie nogmaals wat julle sover vermag het in jul 8ste maand. Net vir interessantheidshalwe: private hospitaal, NTA, Nampol “station” in Tseiblaagte, “Housing behind” YB INN! Homs-ai en Krönlein gaan, want ons weet wie die onsinnige SMS’e stuur. Dis ’n “council employee”.

Mense skryf mooi briewe en sit met oplossings, almal praat van saamstaan, maar niemand staan op vir Rehoboth nie, en die wat opstaan, word nog afgebreek. Ek, Abes, is finaal klaar met die morsige geveg. Ek het vir grondloses en dakloses geveg. Ek wat alles het, waar was die duisende grondloses toe ons, die Rehoboth 5, in die hof gestaan het vir die gebeure van 2 Mei? Ek soek geensins bejammering nie, ek het niks om te verloor nie. Dis nou stank vir dank. – Abes Kaibib

Hoekom is ons Havana se mense so lank sonder krag en toilette?

Dis nou twee jare lank dat ons nie ’n druppel water kry hier op Groot Aub nie. Slegs sekere gedeeltes kry water. Asseblief regering, doen iets aan die saak. Ons staan elke dag vroeg op om in Windhoek te gaan werk. Ons betaal ook belasting.

Minister van veiligheid en sekuriteit, is jy bewus wat aangaan in die polisiemag? As jy ’n klag gaan maak, word dit nie skriftelik geneem nie, of geen waarskuwing daaroor nie. Lyk van ken mekaar. Daar is van hulle wat mens kan uithaal wat hul werk doen. – Karasburg

Goeie bedoeling met spoedhobbels in Okahandja, maar mense, is dit onsmaaklik gebou. Mens se kar breek uitmekaar, “wheel alignment” uit. Hoekom nie eerder dieselfde gedoen as in Kalkrand waar die “flat tables” ’n baie beter doel dien nie.

Hoe is dit moontlik dat meer as 90% van die kenners wat oor die gevare van dwelms praat, normaalweg alkoholgebruikers is? Weet die ­sogenaamde kenners dan nie dat alkohol ook ’n dwelm is nie? Vra maar net.

Ek is ’n pensioenaris van RHB. Ek het vandag ’n oproep van Old Mutual ontvang dat daar geld van my is – N$24 000. Ongelukkig het ek nie ’n FNB-bankrekening en dit moet net in ’n FNB-rek. inbetaal word, nog vandag. Nou soek ek my geld van jou wie my gebel het. Ek het jou nommer opgespoor en gaan dit aan die polisie gee as ek nie my geld kry nie.

Ons moet water bespaar vir huishoudings, maar die sproeiers was alweer Saterdag 10 September aan by Augustineum Sekondêre Skool. Die gras is groen. Dis elke naweek se ding.

Voëltjies op Okahandja: Moenie “worry” nie, die dorp brand nie af nie, die mense brand hul vullis uit, want die munisipaliteit laai dit nie meer op nie.

Ons dank gaan uit aan Devine Funeral Services vir hul puik diens. Ons waardeer dit baie en mag God julle versterk in jul werk. – Familie en vriende van Maria Gaes

Ek het ’n Namibiese paspoort van Heroldine Jade Besser opgetel. Kontak 081 763 9266.

Ek soek hoofde soos Jacobus Blom en Joppie Cloete in Telecom. Smile.

Wat kan ek maak met uitgediende elektroniese apparaat – rekenaars, kopieermasjiene, ens?

Waar in Windhoek kry mens gipsvorms vir kleinerige ornamente?

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 409.40/OZ UP +1.32% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.37% | Zinc US$ 3 048.00/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 83.92/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 1 079.90/OZ UP +1.72% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 409.40/OZ UP +1.32% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.37% | Zinc US$ 3 048.00/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 83.92/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 1 079.90/OZ UP +1.72%