SMS'e vir 15 November 2016
SMS'e vir 15 November 2016

SMS'e vir 15 November 2016

“. . . een man en sy vriende nog ryker maak . . .”
Gerine Hoff
Brukarros-storie is interessant. Afleggings oor finansiële moeilikheid, maar maak ’n suiwelfabriek ook oop? Mnr. Jean Simonis, vaardighede kan geleer word as jy werklik wou geld spaar. Hoekom nie mense oplei soos jy hulle presies wou hê nie?

Plase wat aan afwesige buitelanders behoort, moet in die Namibiese hande val. Nou wat van huise, veral hier in Windhoek, wat aan ook sulke afwesige buitelanders behoort? Hier is baie dakloses in die hoofstad. Daar kan groot woonstelblokke op die erwe van Kaunda, Mugabe ens. gebou word.

Aan die Von Dewitz-ouerpaar, my innige simpatie met die verlies van jul pragtige sonskyndogter. Ek weet vandag hoe u voel. Ek ken daai pyn. Ons het ook ons dogter in ’n tragiese ongeluk verloor waar drank en spoed ook die oorsaak was. Dus die seerste seer wat niemand kan heel nie, net ons Hemelse Vader kon ons dra. Dis net Hy wat ook vandag jul pyn ken en net Hy kan vertroos. Net Hy weet van daai trane wat in stilte vloei en net Hy sal dit eendag afvee. Baie sterkte en mag die Here u dra deur hierdie seer tyd en vertroos u daaraan dat sy vandag die mooiste blom in die hemelse tuin is.

Baie dankie aan die NBC TV vir die naweek se 7''s Rugby, ons het die tydjies op TV baie geniet! Wonder net waar is DStv Super Sport! Ons mag niks op SuperSport kyk nie behalwe op Kanaal 201. Verder dis belaglik om so baie te betaal vir niks nie!

Ons verstaan die Hardap Hervestigingskomitee-lede moes die helfte by laaste vergadering nie deelneem aan besluite nie omdat ook hulle se aansoeke oorweeg is. Dalk tyd dat mense wat nog plase soek nie op sulke komitees moet dien nie. Die wye gemeenskap doen dat verniet aansoek, want komiteelede ken mos mekaar en stem mos vir mekaar. Dieselfde geld vir personeel van die ministerie wat van binne aansoek doen, want hul kollegas bevoordeel hulle mos tog in elk geval.

Stop die fosfaatgeveg, want dit sal net een man en sy vriende nog ryker maak, waar ander nie kos het om te eet nie.

//Kharas “regional coordinator”, jy het ook nee gesê vir SELco, maar nou sing jy ’n ander deuntjie deur “councillors” aan te sê om die kontrak te teken vir die “extension. Did you get a kick back from SELco?” Die gemeente kom eerste.

Die persoon (tien teen een) ’n slap ouer wat nooit skoolouervergaderings bywoon nie, weet nie dat onderwysers besig is met werkswinkels en voorbereiding vir die implementering van die nuwe sillabusse nie en ook nasionale eksamen gaan merk, moet eers uitvind wat aangaan voordat hulle hul monde uitspoel. Slapgat ouers, druipeling kinders!

Na aanleiding van DStv klagtes: Ek het nog nooit DStv gehad nie, ek maak gebruik van die internet vir direkte sportuitsendings, flieks, TV-reekse en dokumentêre programme. Dit kos meer as die helfte goedkoper.

Helicobacter pylori: Dit floreer op liggaamsuur wat grotendeels deur stres veroorsaak word, so dalk is dit ook ’n faktor. Vermy gasdrankies, sterk speserye en suur kosse. As daaglikse aanvulling gebruik ook die Probi Flora 9 strain-produk by enige apteek. Alle sterkte en beterskap

Baie dankie vir ACC se vet gedrukte foonnommers wat u in koerant geplaas het. Baie belangrike nommers wat ’n mens eintlik in jou foonboek moet het.

Helicobacter moet met antibiotika en lp299v en omeprazole vir 2 keer behandel word. Siekte skakel dan gewoonlik oor na prikkelbare dermsindroom. Bel vir verdere behandeling 081 045 1065.

Baie dankie aan mnr. en me. Voigts en al hul helpers vir die harde werk om van die kaktusse ontslae te raak. Jul harde werk word waardeer.

By ’n inkoopsentrum het ek weer eens beleef dat Afrikaanssprekende mense net aan hulself dink asook ongeërg en selfsugtig is, sommer arrogant ook. Waar pas dit dat daar reg in die middel van die loopvlak saamgekoek word om te gesels, vrede met die ander mense wat sukkel om verby hulle te wurm soos die arme oom in die rolstoel wat gesukkel het. Hulle sien hom, maar bly staan nes ’n klomp dommes. Kliek dit nie by hulle om daaraan te dink om eenkant of buite te gaan staan en gesels nie? Nee maggies, waar is julle maniere of het julle dit verloor? Antwoord: Ja, ja, ja, ons het.

Ek het my 8 jaar oue bakkie laat diens en iemand het gesien die oliepan is nog nie vervang nie. Dit was ’n vroeë fabrieksopdrag. Ek het sonder afspraak die motor ingegee en die werk is binne 10 min. gedoen. Dankie, Bertie, Buks en julle span. Was ook tevrede met die diens sterkte. Lekker werk en ’n mooi Kersfees. Oom Lood Viljoen

Pres. Hage Geingob, wanneer gaan u die nuutverkose president Donald Trump van Amerika gelukwens met sy oorwinning? Barry

“Khp council, we are not stupid as you may think.” Julle is die argitekte van Vrydag se optog teen SELco. Die petisie wat daar gelees is, spreek duidelik die “council” taal wat agbare Shaningwa julle opdrag gegee om die kontrak te “extend.” Dit was ’n “done deal” met SELlco, maar nou is julle kamma pro-SELco. “So heads must roll.” As ons agter die kap van die byl kom, “you are misleading the comunity”, want julle skuil agter die waarheid oor SELco sage. “Either you go or SELco.”

Past. Tiboth, ek hou van jou kort en kragtige boodskappe. ’n Mens, veral ek, gaan met ’n gevulde hart huis toe. HP

Ek het al Februarie my DSTv opgegee en nog nie gemis nie. Ek lees digitale koerante, stap meer, lees meer boeke, gaan fliek, besoek vriende en het ’n nuwe stokperdjie gekry. Nou bly my bloeddruk normaal.

Dis tog ’n groot verwarring. Wat is die regte en ware maandelikse salaris van die plaaswerkers? Laat ons weet, dit is baie belangrik.

Soos Telecom Namibia se IT-mense voortploeter en hulle Iinternet verder opmors, kom DNS-probleme nou by die AAA gemors. Wanneer gaan hulle dit regkry? As internet 6 tot 7 keer per dag afgaan, wat doen hulle? Baie keelvol.

Wees gewaarsku nie net Windhoekers nie, in Okahandja ook. En almal ken die skelm en die voertuig. Ou krimineel, maar polisie doen niks daaraan nie.

Die huurheerberaad kan tog nou inkom. Katutura-huiseienaars wil niks hoor van hul buiteplekke wat in haglike toestande is nie. Sal nie eens praat van toiletgeriewe nie. As jy praat, word dit gesê soek ander plek, maar omdat jy verleë en arm is, moet jy stilbly en net bly. Dis te erg.

Hoekom is die media so negatief oor Donald Trump? Hy het die verkiesing gewen, dus is daar feite wat vir ons weggesteek word. Sy beleid verskil immers nie so veel van Namibië s’n nie. Kyk na die parallelle, nie die verskille nie en jy sal geskok wees .

My kind se punte en rapporte is verval by daai sogenaamde “Home School” in Windhoek. Nou wil die “home schooling” liggaam nie my kind registreer vir volgende jaar nie. Sit met my hande in my hare oor ander se skelmstreke.

Kommentaar

Republikein 2025-11-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer