SMS'e vir 15 Maart 2021
SMS'e vir 15 Maart 2021

SMS'e vir 15 Maart 2021

". . .toe los julle alles. . ."
Mandy Rittmann
Opposisie: Gedog julle sal help met die Graad 11-probleem. Julle het net eendag daaroor gepraat en nie antwoorde gekry nie, toe los julle alles. Nee man, soek antwoorde asseblief. Die jaar is nou om.

Hier is iets wat ek nie verstaan nie. Mense (nie net taxi’s nie) ry 40 km per uur in ’n 60 km/h sone, maar dan is hulle andersins so haastig dat hulle nie vir ’n rooi robot of vir ’n vierrigting-stopstraat kan stop nie.

Waar is die NRU? Die hele Afrika is al besig met beplanning en rugbywedstryde begin, behalwe Namibië?

Chief Joodt, ons sal jou mis vir al daai woorde. Sit die maskers op en maak die winkel toe, ‘is al 10uur, en uit die strate uit. We will mis u. Rhb se strate sal jou mis.

Ek dink die koerant moet ‘n rubriek begin genaamd “As ek president was” waar lesers hul voorstelle kan pos. Daar is baie mense in ons land wat slim genoeg is om probleme op te los. Dalk kan ons saam help om ons land se probleme op te los.

Sandfontein se “aktefate”? Watse goeters is dit? My woordeboek sê: salliweti. – Peet Venter Snr. (Dankie, Oom Peet. Ons streef elke dag na perfeksie, maar die menslikheid word soms ook onvermydelik in die artefakte vasgevang wat ons nalaat . . . – Dani Booysen)

Hartklop Afrikaans saai op Donderdagaande ou versoeke uit, maar die persoon sê ou musiek het hulle nie en moet dit aanvra. Nou vra ek, waarom is die naam ou musiek as dit nie beskikaar is nie? Skrap die progam, dis tydmors. – Sarel

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer