SMS'e vir 15 Junie 2017
SMS'e vir 15 Junie 2017

SMS'e vir 15 Junie 2017

“. . .vir jare die spit moet delf. . .”
Mandy Rittmann
Ministerie van Finansies, asseblief, asseblief, betaal my wat julle my skuld. Na soveel werk wat ek vir julle gedoen het, moet ek nou sit en wag. Moet ek my maatskappy toemaak en vir die balju wag? Ek is stom. As ons regering bankrot is, hoekom maak hulle nie toe en gee oor aan mense wat dit kan bestuur nie?



Dis lekker om skelmjagters, verkragters en moordenaars borg te gee, maar swendelaars moet in aanhouding bly agter tralies. So moet nie aan swendelaktiwiteite deelneem nie, maar eerder aan skelm jag, verkragting en moord. "Happy go lucky law system."



Hi, wil net vra wat is jul so stil, word nie gepraat van Hydroform? Mense, so baie geld van ons wat 'n gesonde man lê en eet. Ons pensioen, swaar verdiende geld. Waar is jul wat ook soveel geld verloor het? Aanvaar jul dit? Praat sodat ons iets uitwerk en gaan wag op terugvoering.



Social Security Commission is promoting unproductivity, unemployment and poverty. This was confirmed by an employee in senior/supervisor position when asked why SSC is not able to print general Good Standing Certificates to be used for listings according to the new procurement regulations. Congratulations to Ministry of Finance for changing their good standing period to four months.



Tonata Shiimi & Co, will you please kindly tell us former Robben Island prisoners, what happened to the Tonateni Community Care? Was it just another money-making scheme using unsuspecting former Robben Island prisoners as bait?



Wie sou kon raai dat die WCPU se maatskaplike werksters die pa's beskerm in plaas van die weerlose en bang kinders? Waarheen kan ons moeders gaan wat vir jare die spit moet delf met ongeskikte, onmanierlike vaders wat nie eens hulle kinders wil onderhou nie, maar ewe veel regte wil geniet? Dit gaan my verstand te bowe.



The report titled "Land threats stir fear" states that Bernadus Swartbooi was dismissed after calling Utoni Nujoma an idiot in the National Assembly. This statement is factually false. I respect journalists and news papers but appreciate the truth more. I fully support Swartbooi's fight against skewed GRN priorities, corruption and unfair land redistribution in our country. It is thus imperative that the correct and/or real reasons for Swartbooi's dismissal be stated. Thank you!



Die persoon wat sê hy/sy traak nie of Swartbooi gaan stem of nie, weet rêrig nie wat gebeur het nie. Ons moet geskiedenis ken voor ons sulke uitlatings maak. Ons Namas se oupagrootjies het baie hard baklei vir hierdie land voor Swapo daaraan gedink het om dit te doen.



Skooldag Vrydag 16 Junie - van die staatskole het skool, hulle het Entrepeneursdag. Beste is om die skool self te bel.



Staatskole is oop Vrydag. Pionierspark en WHS is oop, was gister meegedeel deur die skole self.



"Pokkeltjie, rond of sommer net vet”, probeer maak 'n plan met die gewig.



Radio Jeremiade, as ek die klaer/klaagster so luister, wonder ek hoekom hy/sy hoegenaamd die radio aanskakel? Lyk my die persoon is dalk ontevrede met die Liewe Vader omdat hy/sy lewe ook!



Iemand sê Afrikaanse radiostasies in die land is vervelig en kort binnegoed om vir ons te gee wat ons bitter nodig het. Wat het Afrikaanse luisteraars bitter nodig?



Meneer Afrikaanse Radio-klaer, wat het ons dan so bitter nodig? - Norman Kotze



Ek will net graag vir mnr. Eric Barth van Rehoboth en sy gesin baie dankie sê vir die TV wat hulle vir my gekoop het. Ook vir God dat daar nog sulke mense op aarde is. Baie baie dankie.



Through the media, I would like to thank the medical staff at Rehoboth Medical Centre for their professionalism when rendering service. Doctors Van Wyk and Mpofu and the nursing staff; nurses Tilly, Marichen, Maggy, Elizabeth and Lilly who stood by in theater during my operation and the care while I'm convelecing. Your professionalism is applauded. Rehoboth Pharmacy for your support obtaining my much needed medication. God bless your healing hands. Thank You. - Eric Philander, Rehoboth



“Ek wil tog net sê, ek is 'n kliënt van Foschini Mariental. Plek is pragtig skoon en jy word so gou gehelp, maar daar is 'n meisie wat nie weet hoe om met kliënte te praat nie. Ken ook nie om te groet nie, maar verder is die "manager" uitstekend en baie ordentlik en help graag met 'n glimlag.

Kommentaar

Republikein 2025-12-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer