SMSu2019e vir 15 Julie 2021
SMSu2019e vir 15 Julie 2021

SMS’e vir 15 Julie 2021

"Gee hulle 'n emmer ..."
Audrey Van Der Westhuizen
Ek haat mense se arrogansie rondom die curfew. Dis regtig sleg dat mense hul gesondheid en eie lewe op die kantlyn moet plaas oor daar mense is wat net nie ’n hel omgee nie. Moenie hulle gaan toesluit nie. Dis geld mors. Gee hul elkeen ’n emmer, skropborsel en skoonmaakmiddel en laat hulle die hospitale se vloere skrop. Hulle sal gou genees word van hulle uittartende arrogansie. Gatvol vir dit.

Elvira, baie dankie vir jou lofprysing aan jou ouma en 'n baie geliefde persoon.

Aandag Hentiesbaai se ywerige petisie-pushers. Bring maar die ou galgietjie of iets dergeliks terug en staak die gepeuter met ander se eiendom.

Die brieweredakteur, kan u asseblief weer my SMS plaas. Ek soek tog nog hulp met leë blikkies, koeldrank-, bier- of koffieblikkies asseblief. Sjebeen- of bar-einaars as u kan help daarmee sal ek dit waardeer. Dit vir ’n goeie doel. Ek wil kos koop en tioletware asseblief. Ek bly in Khomasdal, Aandblomstraat. My nommer is 081 792 8553.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer