SMSu2019e vir 15 Januarie 2018
SMSu2019e vir 15 Januarie 2018

SMS’e vir 15 Januarie 2018

Herkoms speel geensins enige rol. . ."
Dani Booysen
10% slaag Engels. Ek is diep geskok! Wat is bevredigend daaraan?

Gekwalifiseerde onderwysers wat aansoek gedoen het, word in poste aangestel wat in die koerante adverteer was op grond van hul spesialiseringsvelde asook volgens vasgestelde voorskrifte van die kantoor van die eerste minister. Oorsprong/herkoms van ‘n aansoeker speel geensins enige rol nie. Om akkommodasie te hê, is nie ‘n vereiste nie. Dus kan ‘n ongekwalifiseerde, ervare onderwyser met akkommodasie nie voorkeur geniet bo ‘n gekwalifiseerde, onervare onderwyser wat verblyf as ‘n uitdaging in die gesig staar nie. - /Awebahe J //Hoeseb, direkteur van onderwys , kuns en kultuur, //Kharasstreek

MVA Windhoek-kantoor, julle diens is puik en baie professioneel.

Omaruru konflikleeus. MET sê leeus is nie gevaarlik nie en hulle verstaan nie hoekom veeboere ‘n probleem het. Lag! Wat ‘n belaglike stelling oor probleemdiere wat verskuif word en waar hulle nie in konflik met mens en dier kom nie. Weerspreek hulle hulself? Wees tog net eerlik! MET doen nie hulle werk nie.

Die hiënas wat die perde vang, vang ook die boere se vee in die omgewing. Hierdie boere word nie vergoed vir die verliese nie. Dit het jare gevat om die omgewing veilig te maak van roofdiere, so die mense wat dit weer ingebring het, moet die verantwoordelikheid vat. Hierdie land het boere en toeriste nodig en nie hiënas nie.

As die regering die politieke wil gehad het om padveiligheid te bevorder, sou hulle nie soos maniake aan die verkeerde kant van die pad gejaag het in hul swart karre nie.

Rhb polisie, sekere van die mense wat maak asof hulle bottels aankoop en verkoop, is groot dwelmverkopers in Blok E. Jaartse is kamma vol bierkratte gepak. Nie almal wat bottels aankoop nie. Maak seker en help.

Kontrakteur wat wil weet hoe leef mense met hulle gewete saam. My kind se elektriese hekmotor stukkend. Bel en maak afspraak. Hulle kom ‘n uur laat. Toets en vertel my ‘n “part” is stukkend, vervang dit. Hek loop. Ek betaal rekening van N$1 300 dieselfde dag. Drie dae later staan hek, bel weer. Toets battery – pap. Nou skielik is ander “part” stukkend. Moet nou 2de nuwe battery koop. Rekening vir 2de herstel N$1 200. Verstaan jy nou waarom mense nie dadelik wil betaal nie?

Wat is mnr. Van Rensburg by PSG se mening oor Steinhoff?

Dit is lekker in //Kharas. As jou kind gedruip het, kan jy net die inspekteur gaan sien dan word jou kind oorgeplaas. Dan wonder hulle hoekom lê hulle daar onder as die gr. 10- en gr. 12-uitslae uitkom.

The issue of Goeieman regarding abbatoirs. I tend to agree with the Minister of Agriculture that the delay in finalizing the agreement regarding the abbatoirs is more of an attitudeproblem. Mr. Goeieman’s, the PS of Works Ministry, attitude towards certain tribes in Namibia is well noted and smacks tribalism and arrogance. He has shown the same attitudes towards the young Namibian engineers. Mr. Goeieman, we know the agenda of some of you who are hell bent to frustrate certain tribes smartly and prevent them from prospering. Stop your arrogance and cooperate with the Minister of Agriculture to ensure that those abbatoirs are finished. Period!

Weet u hoekom is die uitslae so vrot? Daar’s geen godsdiens in skole, geen respek vir onderwysers, geen dissipline op skool, leerling kan by onderwysers ‘n sigaret vra as hy of sy wil rook, kinders mag nie geslaan word. Al hierdie dinge is faktore wat aanleiding gee tot vrotsige graad 12- en 10-uitslae.

A big ups to Ms. Hilma Leonard, Chief Aeronautical Information Officer and her team for making history in introducing the Central African Aviation Database to Namibian Aviation. Contrary to popular belief by Ms. Simana Executive Director of the Namibia Civil Aviation Authority she has proven that as Namibians we are more than capable of bringing development to our country. I hope that the NCAA will give more nationals the opportunity to prove themselves in management positions currently occupied by foreigners.

Standard Bank boedelafdeling, sertifiseer dokumente by Nampol/”Comm. of Oaths”. Moet nie julle eie stempeltjie gebruik nie. NaTIS aanvaar dit nie.

Inwoners van Rehoboth, julle behoort julle te skaam vir al die rommel wat julle langs die pad Suid van die dorp strooi. Dit nogal in die pragtige rivier. Julle is ‘n slegte voorbeeld vir die kinders en wat moet besoekers aan ons pragtige land dink?

Mnr. Nico Smit van PDM, jy praat van onderwys en waar pas president en minister? Daar is kinders wat baie goed gedoen het, mnr. Nico. Sê die nasie hoekom.

Wonderlike dinge wat by Usakos-hospitaal gebeur. Toyota-bakkie 2.7 se “canopy” wat in die “yard” gelê het, het spoorloos verdwyn. Niemand weet, ook nie “security” nie.

Wil graag almal by Katatura-hospitaal by ongevalle en vloer 6A bedank vir goeie diens. Ek waardeer dit. – Mnr. Pieters

Ek sien daar word altyd net voorgehou hoe goed dit met die land se boere gaan. Doen ‘n slag die moeite en berig ook oor die geweldige prysstygings en risiko’s aan die koste- en insetkant. Dan praat ons weer!

Ek het ondervind daar is nog goeie mense. Die afgelope paar jaar het dit maar droefgeestig met my gegaan. Ek is bankrot en op my knieë. Om dit alles te kroon het ek laas Dinsdagnag ‘n inbraak gehad. Die inbrekers kon niks vind en het toe maar uit die goedgeit van hul hart mildelik vir my agtergelaat. – SAP&H

Ek is op soek na 2dehandse skoolbaadjie vir WHS graad 8-leerder. Dankie. – 081 230 7711

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer