SMS'e vir 15 Februarie 2021
". . .besig met my derde miljoen. . ."
Die ondergang van Air Namibia is tragies, maar onvermydelik. Al die jare van wanbestuur, inmenging en swak besluite is nou genadiglik op ‘n einde. En alhoewel mens jammer voel vir die werknemers is hulle ook nie heel onskuldig nie – met al die eise van die vakbonde en onproduktiwiteit wat daarmee saam gegaan het, was dit eenvoudig nooit moontlik om ‘n wins te maak nie. Mens kan maar net hoop dat die regering nou sal begin besef dat politieke en populêre besluite altyd sal indruis teen goeie besigheidsbeginsels.
"Son sak oor Air Namibia" en sommer oor hele Namibië. Swapo en al sy aanhangers, die wêreld lag vir julle, want die wêreld het geweet dis net ’n kwessie van tyd. Maar dis regso, hoe gouer Namibië begin vrek van honger en ellende, hoe gouer kan die wat weet hoe die land weer herstel.
Miljoene vir lughawens. My ambisieuse planne is ook om miljoene te maak. Ek is nou besig met my derde miljoen, want die eerste twee was ’n flop, want ek is nie kundig nie. Net so het die regering ook nie kundige mense om hierdie departemente te bestuur nie, maar hulle hou aan om geld in die bodemlose put van Air Namibia, NAC, NWR en RCC te gooi, want onbevoegdheid is aan die orde van die dag.
Namibiese skole, skandalig nê. Die politikus se vet bankrekening, karre en plase is baie belangriker as opvoeding in hierdie land. Ag dan praat ek nie van bewaring, ontwikkeling en soveel meer wat die regering se verantwoordelikheid is nie. Die kabinet moet van A tot Z afgedank word en al die councils van die regerende party.
Minister van onderwys, ’n mens sou dink julle is slim mense, maar julle besluite sê nie so. Verander asseblief die graad 11-sisteem soos dit altyd was, asseblief.
Ek stem saam. Daar is nie ‘n manier dat jy 40 leerlinge in ‘n junior primêre klas kan hanteer nie. Ja, en daar is geen logika wat betref die nuwe kurrikulum van die graad 11’s nie. Dis ‘n sirkus. Niks maak sin nie. Ons gaan 3 treë vorentoe en 7 terug.
Lyk of Stampriet die enigste plek is waar Covid nie ‘n faktor is nie. Kan iemand van Hardap se gesondheid of onderwys verduidelik hoe een skool huisbyeenkoms hou terwyl ander skole moet toekyk en wag vir verligting van maatreëls. Facebook is vol foto’s van die byeenkoms en oral is groepe mense en kinders sonder maskers. Nee, dit is beslis nie reg nie!
Ek ry nou die dag verby die Onafhanklikheidstadion, wat ’n sorry sight. Is dit nou wat hierdie government vir ons jeug en ook ons sportmanne en -vroue voel? Maar nee, daar is geld vir die army. Blykbaar word daar weer iets vir die army in Kruppstraat, Suiderhof gebou deur die Chinese. Sies man, waar lê julle prioriteite?
Kliëntediens. Baie dankie Desere de Kock van Walvisbaai Indongo Toyota vir die flink en vriendelike diens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie