SMS'e vir 14 September 2020
". . . 14 dae . . ."
Verassingsoonde werk nie? 217 diere wat aan iemand anders behoort, moet uitgesit of vrygelaat word? My werknemer wat aftree se aansoek om staatspensioen neem die amptenaar twee ure om te voltooi, want die amptenaar weier dat ek as werkgewer van 30 jaar dit doen. Is die regering van hulle koppe af? Hoekom word niks suksesvol en effektief in hierdie land gedoen nie?
Die berig op bladsy 3 in Republikein van 10 September oor die vrou wat miljoene van ’n bekende psigiater eis, verwys. Die sogenaamde Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA ) bestaan regtens nie en het nie enige bevoegdhede of magte om regshandelinge te verrig nie. Die liggaam wat die magte het om klagtes van onprofessionele gedrag teen psigiaters te ondersoek, is waarskynlik die Medical and Dental Council wat behoorlik kragtens artikel 3 van die Medical and Dental Act, 2004 ingestel is.
Dat goewerneur April van Hardapstreek sulke snert kwytraak dat dit God was wat die klip gestuur het getuig van ’n onbevoegde leier. Daar was nalatigheid aan die kontrakteur se kant. Verbeel jou, ’n klip trek 700 meter vêr. Staan daar nog huise na so ’n groot ontploffing? Ons medelye aan die familie.
Het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme nie genoeg werk nie, en ook blykbaar te veel geld? Verwys na N/aan ku sê.
Die regering se toetsing vir Covid-19 by die Robert Mugabe-kliniek is van geen waarde nie. Dis ’n vermorsing van miljoene dollars en maak net die sogenaamde statistieke meer belaglik. Ek weet van twee gevalle waar dit 14 dae (twee weke) geneem het voor die persone ingelig (gebel) is dat hul positief vir Covid-19 getoets het! En nog erger, toe die persoon vra om dan maar die opvolgtoets te kry aangesien hy al twee weke siek is, word dit geweier. Die rede: hy moet 12 dae na hy sy positiewe uitslag ontvang het eers getoets word. Hoe belaglik! Geen insig! En dis mediese personeel wat so min insig het. Skrap die inperkings onmiddellik. Elke persoon kan vir hom of haarself verantwoordelikheid aanvaar. Red Namibië se ekonomie!
Die CoW het die aansoekproses vir die hernuwing van fitness certificates nou in ’n nagmerrie laat ontaard. Mens het net nie meer krag vir al die maniere waarop ’n mens deur regeringsinstansies frustreer word nie!
Doelgerigte onopgeleide gesondheidswerkers van die regering is die grootste struikelblok aangaande geestelike gesondheid en versteurings by Namibiërs. – Japie
90% van vriende kan ek nie na agt op ’n Staterdagaand bel vir hulp as daar ’n noodgeval opduik nie. Saterdaagaande word gebraai en vriende is te bang vir die polisie om na my toe te ry, omrede hulle dalk gevang sal word oor hul bloedalkoholvlak. - Koos Wye Voete.
Maatreëls teen Covid doeltreffend? Grappie. Al wat doeltreffend was, was die verwoesting van ons vryheid en die ekonomie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie