SMS'e vir 14 November 2018
Sondagnag 3 November was 7 vissersbote se ligte by St. Nowhere te sien. Met sonop Maandag het die laaste bote vertrek. Optrede van die bote dui op plundering deur vreemdes. Waar is ons beheer oor ons eie? Watter nut het beheer oor viskwotas as daar nie beheer is oor plundering nie? Help asseblief, agbare minister.
Onderwys skuld stad? Is onderwys nie gratis nie? Swapo weer swape?
Dit is baie jammer vir Namibië. 'n Grondgrypingsproses sal net nadeel vir ons land inhou. Dit sal net ons land se armoede vererger. As gevolg van dit kan ek nie werk op die plaas kry nie, want die boer is bang julle vat sy plaas af. Nou moet ek sonder werk sit vir die Kersfees en nog die volgende jare. “Shame”, is dit hoe ons armoede uitwis en nog mense werkloos maak?
In die meeste gevalle van sinnelose geweld in Namibië wat ook soms met dwelmgebruik gepaard gaan, kom die oortreder(s) uit 'n enkelouerhuis of uit 'n een-afwesige-ouerhuis? Dit gesê, dink ek dit verg dalk 'n ander metode om die geweld aan te spreek in ons land. – H. van Zyl
Kan Stad Windhoek asb. hierdie bestuurder aanspreek. Kort na 07:00 op die oggend van 13 Nov. het munisipale vulliswa N117-000W (W2465M) al in Auasweg vanaf Rehoboth se kant waar almal geduldig moet wag, gesit en sy klipharde toeter herhaaldelik gedruk. Met die afdraai op die westelike verbypad het hy gou verby die toegelate 60 km/u (op daardie deel) versnel en my voertuig aan die linkerkant verbygesteek en so vinnig terug in die rybaan geswaai dat hy die neus van my motor rakelings gemis het. Hierop het die perd verby die 80 km/u versnel en gelukkig later na Kupferberg afgedraai. Hierdie soort padgedrag stel 'n slegte voorbeeld, net soos al die ander mense wat teen 90, 100, 110, 120 km/u en vinniger op die verbypad jaag. Maar daar is in elk geval geen polisiëring van spoed nie. Verkeersmanne samel eerder geld vir die stad in deur te kyk wie ry oor sperstrepe en maak u-draaie. G'n wonder. . . - DB
Swapo is 'n verleentheid vir Namibië. Waar het jy al ooit gehoor 'n regering vra finansiële hulp van sy inwoners en hulle moet belasting betaal? 'n Gekkeparadys!!
Mnr. die baas van NamWater, jy moet wakker skrik of word. Sit by elke dorp se “Town Council” 'n kantoor van NamWater op laat ons julle direk kan betaal. Die “Council” se mense vat die geld en dan ly die dorp se mense daaronder. Rêrig, dis tyd om reg te kom, man. Of stel vir my aan. Jy sal sien, die skuld sal verminder. . .
Die CEO van CoW word 'n astronomiese salaris betaal. So die res van CoW se personeel is ook op die soustrein waarvoor Windhoek se belastingbetalers instaan. G'n wonder dat CoW se finansies so sleg lyk nie. Is dit hoekom CoW so dringend fondse soek? Om die CEO te kan bekostig? Windhoek het 'n duur stad geword om in te bly.
Ek verstaan nie hoekom die president nie van ministers wat vir korrupsie verhoor word en wanfunksioneel is, kan ontslae raak nie?!
Walvisbaai-poskantoor: Jy kan nie in die pensioenarisse se ry staan as jy nog nie 60 is nie. Al doen jy die pensioenaris se sake, moet jy in die gewone ry staan.
Mmm, al wat ek weet is dat Kanime en sy gesin lekker geëet het by ons restaurant. Verniet, natuurlik. Hoekom weet ek nie?
"Kersvreugde vir kinderharte": Ohlthaver & List-groep is baie gaaf om kwesbare kinders van Laerskool Monte Christo met geskenkies en lekkers the verras. Maar ek sien die lekkers word vir die kinders gegooi. A nee a! Moet hulle nou op die grond rond skarrel en baklei vir 'n lekker?
Ek soek raad om die stank van 'n okapyp se rook uit my woonstel te verdryf. Verf help nie. Het die stank dalk in my ingeboude kaste ingetrek? My onmiddellike raad aan woonsteleienaars – verban okapype op jou eiendom. – Raadop
Annarie, die parkiet wat jy afgeneem het, is nie 'n Suidwesparkiet nie.
Magdaleen Damases(b), kontak ons dringend asb. Skakel ons by 0812142331. – Rina

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie