SMS'e vir 14 Julie 2017
SMS'e vir 14 Julie 2017

SMS'e vir 14 Julie 2017

“. . .die mal grondbelasting. . .”
Mandy Rittmann
Is die NBC-sage nie 'n tipiese voorbeeld van bedrog nie? Hoe kan jy geld van jou werknemers aftrek en nie oorbetaal aan die mediese fonds nie? Iemand moet pa staan hiervoor en vervolg word. Wat het van die geld geword?



Betaal ons terugbetalings uit, met rente! Minister Calle, julle is gou om sekere mense te oudit, ens. Dan moet die syfers aan jou klerk verduidelik word, net sodat julle kamstig besig is.



Hoe sal ons president 'n voorbeeld wees as hy self nie korrup is nie? Die stryd teen korrupsie begin by jou.



Minister Mutorwa, hier gaan baie snaakse goed by NamWater aan. Sommige mense word skuldig bevind op diefstal, maar niks gebeur.



Die skrywe in Republikein 12 Julie 2017 “Tyd vir saamstaan het aangebreek”. Net die volgende: Vandat Swapo in Rehoboth die dorpraad beheer, het ons te doen met swak bestuur as gevolg van onbekwaamheid en politieke viktimisering wat op die end almal raak. Ons sien al jare dat daar geensins of min opgetree word teen skuldiges bloot omdat persone mekaar beskerm, ongeag wat die uiteindelike konsekwensies van hul dade mag wees en sorg dat hulle die mag behou. Ek weet nie of daar hoop is vir verandering, maar dit kan dalk help as ons stem vir bevoegde mense buite politieke verband. Dit mag dalk drome wees, maar huidiglik vergelyk ons hoop goed met nagmerries.



Ai-ai! Kla al weer oor die N$250 per maand toelae wat jy per kind kry, maar waar dink jy kom die geld vandaan? Word definitief nie van 'n boompie in staatspaleis se tuine gepluk nie. Die belastingbetaler betaal daar voor. Jy het daardie kind/ers in die wêreld gebring, dus is dit jou plig om vir hulle te sorg! Sê maar net.



Die NBC is bankrot, maar Sven Thieme regverdig

N$90 000 "performance bonus" vir Albertus Auxamub. Vir agteruitgaan! Bekommer jou eerder oor die O&L groep, hulle het jou meer nodig in die "tuff times"! Die private sektor hou ons land (wat agteruit gaan met die spoed van 'n blits) aan die lewe.



Weerlose kinders kry N$250. Net dalk het tyd aangebreek dat ouers begin besin oor hoeveel kinders om te kry, want nommer een, kan jul sorg vir die kind/ers tot hy/sy 18 jaar is? Dis regtig 'n Goddelike taak om kinders groot te maak! Kyk hoeveel kinders word verwaarloos! Twee kinders is beter as om meer te kry en nie te kan sorg nie!



Geagte President. Goeie idee om die weermag te ontplooi om polisie te help om ons te beskerm teen die gewapende rowers. Hoop net nie hulle roof en maak saam dood nie. Jy kan mos nie wolf skaapwagter maak nie.



In Rehoboth moet dié buite Swapo minder die beïnvloed op die stoele. Ons weet van hul agterafvergaderings. Wees minder agteraf en doen meer dan sal dit nie so ruik en lyk nie. Moet neus- en oogoperasies kry.



Weet julle wat die SME Bank se brankrotskap so agterdogtig maak? Die direkteure van die Zimbabwe "shareholder" is Mugabe se neefs en familie! Namibië is die vinnigste land na onafhanklikheid (27 jaar) wat in sy maai is. Word wakker, mense!



Op sommige van Rehoboth se strate kan jy nie ry. Jy moet deurploeg, dis net sand. - AJB



Ek stem vir Game, Kentucky, Fishaways en Jetmart in Rehoboth. Die betrokke mense wat kan onderhandel, asseblief, begin met proses.



Ja, mnr. Pohamba, jy het ook gedink as jy die Ruitermonument laat afbreek sal alles beter wees. Wat het dit gebring? Nou kom die straf eers en daar sal geen einde wees daaraan. Groot bankrotskap! Die wiel draai.



Omaruru munisipaliteit: Niemand will my grond verniet hê nie. 'n Mens kan nie die mal grondbelasting bekostig. Drie keer meer as in Swakopmund. "Fire" die lot!



Lloyd Zandberg, jy maak die Republikein sy geld werd. Lees eindig altyd met 'n lekker lag.



Erongo. I have it now with the huge lorries parking on the street and unloading in front of Home Corp Swakopmund. It is highly dangerous as you cannot see uncoming traffic at all and an accident waiting to happen. For months now I have phoned the traffic cops and chief at least 50 times. I asked a cop to meet me at the spot and was told by the cop to stop wasting his time. Municipality says the whole parking area is an engineering disaster. Manageress told me they now have a depot and it would not happen again. No change, no action. I will sue should I have an accident there.



ELKRN Biskop, hoe kan die kerk in haar plig versuim om die algemene sekretaris te dissiplineer as hy 'n minderjarige so erg te lyf gaan?



Beefcor trok N8182OH, baie dankie vir jou skerp drywersvermoë op die 12de Julie 2017 tussen Usakos en Arandis. - Mike

Kommentaar

Republikein 2025-10-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer