SMS'e vir 14 Januarie 2021
SMS'e vir 14 Januarie 2021

SMS'e vir 14 Januarie 2021

"...kom sit en wag."
Mandy Rittmann
Kan jy glo, ’n persoon moet van Mariental af haaik om die poskantoor op Gibeon te kom bedien, en namiddag weer terug en dit gaan al van Desember af so. Die oumense kom van vêr van die plase af om te pay, dan moet hul dae hier kom sit en wag. En dan is hul ook net sekere dae oop. Vergeet maar om daar te probeer airtime, dit is ’n hopelose storie. Kry die poswese mense se hoofde en toesighouers nie skaam vir sulke diens nie, of dink jul ook net aan julself en tjailatyd. Doen ’n slag iets positief vir die mense en die maatskappy se beeld wat reeds so swak is. – Chris

Esmie Isaks het Hardapdam op 4% gelos, nou is die dam op 70%. Mooi so.

Kan iemand my asseblief sê wat gaan met Telekom aan, my telefoon al agt maande buite werking. As ek rapporteer, word dit net gesê ons werk aan die probleem.

Hardapdam. Myns insiens moet die dam se naam verander word na Halfdam-Hardap, want die dam kan net 70% water hou!

Meatco ons koop en verkoop bene. Ons maak nie geld nie, so pak bene soos hulle was. Aasseblief!

Van wanneer af is iemand verjuig oor iets? Dit is tog verheug? Of word die arme Afrikaanse taal nou verder verkrag met nuwe, vreemde woorde?

Ek wil weet laat sekere mense op Groot-Aub moet erwe kamp en anders moet gestop word. Ek kan my draad reg maak, maar ander mense doen dit.

Kommentaar

Republikein 2026-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer