SMS'e vir 14 April 2021
". . . wat is 'n groter behoefte . . ."
Dit is onverstaanbaar dat daar tot op datum slegs 2 800 mense in Namibië ge-ent is teen covid. Dit is maar net weereens ’n bewys dat ons regering onbevoeg en onbeholpe is. Hulle het maande tyd gehad om ’n inentingsprogram te beplan en het dit nie gedoen nie. Namibië het alreeds 130 000 dosisse ontvang waarvan slegs 2 800 in amper ’n maand toegedien is. Teen die tempo gaan dit meer as 50 jaar neem om die hele bevolking van Namibië te ent. Die onbevoegde regering moet besef hulle speel met die bevolking se lewens en baie mense gaan sterf omrede hulle nie hul verantwoordelikheid nakom nie.
Daar is nie fondse beskikbaar vir die bou van ’n staatshospitaal op Ondangwa nie. As dit kom by prioritisering wonder mens wat is ’n groter behoefte tussen hierdie hospitaal en die Neckartaldam wat onbenut staan.
Dit was wonderlik om te sien hoe inwoners voor die Alte Feste skoon gemaak het. Uitstekend. Ek wonder wat die kans is dat die Alte Feste ook gerestoureer en verf kan word?
Hoeveel senior staatsamptenare is gekwalifiseerd? As meer as 35% in Suid-Afrika nié gekwalifiseerd is nie, wat is die getal in Namibië? Dit is die verklaring vir swak dienslewering oral in Namibië. Ondoeltreffende regering. Stop kaderontplooiing dadelik om hierdie land van ondergang te red.
Baie dankie aan die nuwe besems by Okahandja-munisipaliteit en ander betrokkenes wat behulpsaam is met die regmaak van die dorp se strate. Dit word opreg waardeer. Volgens sommige inwoners vorder dit maar teen ’n slakkepas, maar mens kan seker nie verwag dat dinge wat oor 31 jaar verval en agteruit gegaan het in 6 maande reggemaak moet word nie. Maar het die munisipaliteit se skoonmaakdienste nou tot stilstand gekom toe Covid sy verskyning gemaak het? Die sogenaamde hoofstraat lyk soos ’n varkhok, veral na betaaldae rondom die 20ste, 25ste en einde van elke maand. Dis nie lekker om jou besigheid te bedryf en kliënte te ontvang in ’n omgewing soortgelyk aan ’n varkhok nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie