SMS'e vir 13 Desember 2019
"Vat u bewyse . . ."
Bernadus Swartbooi, u sê u het bewyse dat Indiërs met die verkiesing gepeuter het. Vat u bewyse na ACC en Legal Assistance Centre en Norman Tjombe. U moet iets doen.
Gruwel in die kraamsaal. Die logiese resultaat wanneer staatsamptenare onverskillig optree teenoor mense, hetsy by 'n paspoorttoonbank of 'n kraamsaal. Hoop 'n behoorlike ondersoek kan aan die publiek verduidelik wat presies gebeur het en of die ma werklik skuldig is en of Namibië al gerat is vir moderne tegnieke soos keisersnee.
Ek wil weet hoe kan jy so iemand 'n dokter noem. Dis seker van hierdie ingevoerde kansvatters. Hy hoort onmiddellik agter tralies.
Visvrotskandaal. Ek kry eintlik vir oom Calle jammer wat die boeke van die land moet laat klop. Hy probeer orals keer, maar so word die staatskas leeg gesteel. Wat gaan hy nou vir die onderwysers sê as hy nie hulle salarisse kan verhoog nie? Dit laat oom Calle swak lyk!
Diegene wie vir korrupte leiers stem: Voel julle nie skaam nie? Jul stem beteken jul is tevrede met hul korrupsie.
Hoekom kry ek die idee dat die hele kabinet, hulle familie en vriende na vis stink? Nie ons president of enige van sy ministers neem in die openbaar stelling in oor vis-, diamant- en houtgemors soos oral in die wêreld normaal sou wees nie. Beteken dit elkeen is besig met 'n skelmstreek en die ander kan dalk uitpraat?
Namibians we have to be careful and awaken and not let the Fishrot scandal have less and less prominence in our papers, otherwise the prophecy of one of our very good journalist becomes a fact. If not careful soon we will say all who and fish what.
Mr. Calle Schlettwein. When will you speak up about the corrupt deals of Namibia and Rosewood?
Loftie se spotprent oor die Kieskommissie se "see no evil, hear no evil" en "speak no evil" was vlymskerp. Maar arme meester Theo Mujoro is dalk nie persoonlik aan al die gebreke skuldig nie. Die ECN moes al baie lank terug reggeruk gewees het, maar in onse land is regruk 'n eindelose storie sonder enige resultate.
Al die baie mense wat weer vir Swapo gestem het, bly dalk in 'n ander land as ek, want die vrot openbare dienste, gesondheid, medies, onderwys en dies meer bestaan blykbaar nie vir hulle nie. Die opposisie het darem beter gevaar, maar nou sal hulle vir ons in en buite die parlement moet wys hulle kan 'n regte verskil maak en nie net reageer op Swapo se veel bekende en groeiende sondes nie.
Why is it that the UK with how many millions of voters, certainly many millions more than our paltry hundreds of thousands will release the results of their election within literally hours after the polls have closed? Namibia is and will remain a 3rd or even 4th world country for some time to come, unless our leadership becomes serious about Namibia.
Baie dankie Swakopmund- munisipaliteit dat julle ons paaie so mooi skoon hou van sand en ook gereeld die road markings opknap. Wil julle nie asseblief ook soveel aandag aan vlieë op die ashoop gee nie? Hulle dra ons alweer weg in Oceanview.
Why! Oh why are the Swakopmund Police allowed to ride three persons in a LDV single cab? This casts doubt on the ability of the Swakopmund Traffic to control traffic issues.
All the waiters and waitresses at Heja Lodge. Thank you. You are so friendly and let the customers feel so welcome.
NAC, die kantoor het nooit kleingeld as jy 'n permit wil uitneem nie. Kry asseblief julle prioriteite reg.
Sien mense kla al weer oor paspoorte . . . Gelukkig is ek so platsak dat ek nie eens binnelands kan reis nie, wat nog van buite die grense. Hopelik is 2020 'n vetter jaar as die drietal maeres wat ons agter die rug het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie