SMS'e vir 13 Desember 2017
SMS'e vir 13 Desember 2017

SMS'e vir 13 Desember 2017

“. . .maar ou jakkalse. . .”
Mandy Rittmann
Ek verstaan nie ons regstelsel nie. Die hof op Walvisbaai stuur twee eerste oortreders tronk toe vir dwelmverkope, maar ou jakkalse kry net boetes. Ek vra maar net.



Ja! Okahandja se kragafdeling doen dit weer. Het vanoggend 9 Desember 2017 gaan krag koop by die "vendor"-masjien in Spar. Nommer en die geld N$1 000,00 ingevoer en geen "token" is gegee deur die masjien. Ek moet na die kantoor gaan. Die kantoor is toe. Bel die “standby”-nommer. Die man lag en sê, kom maar Dinsdag na die kantoor toe. Ek bly al vyf jaar in Okahandja en het eers by die munisipale kantoor betaal, geen probleme. Nou skielik is my meter ge-"block". Wat gaan aan in die dorp? Sonder krag oor 'n langnaweek. Ek soek iemand wat kan verduidelik wat aangaan!



Ons sal dit waardeer as mnr. Appolus van Cenored Okahandja kan verduidelik hoekom geen kliënt gekontak was nie en daar was blykbaar baie van ons wat 'n hele langnaweek sonder krag gesit het.



Wat betref die fout wat Dippenaar begaan het en ses mense daardeur laat sterf het. Dis geen fout nie, maar 'n moedswillige oortreding van die land se wette. As Christen moet so 'n oortreding bely word voor die gereg en die gevolge daarvan moet dan gedra word. Deur jou skuld te verdraai en te verbloem, oortree jy nie net die landswette nie, maar oortree jy ook die Bybel se wette. Partye moet weet dat hierdie oortredinge teen hulle staan en net uitgewis kan word as hulle met berou tot bekering kom en hulle skuld bely. Die Christendom van vandag het 'n sirkus geword omdat ons maak wat ons wil, want ons het die genade verander in ongebondenheid (wetteloosheid, Judas 1:4). Die straf bly staan en die oordeel is verdoemend (1 Kor 6:9-11).



Wat 'n grap is die verkeersdepartement en polisie nie! Sal kampstig streng optree teen wetteloosheid op die land se paaie. Laasweek was ek Suid-Afrika toe en het slegs twee verkeersvoertuie op die pad gesien (soontoe en terug). Albei besig op hul selfone. Permanente padblokkades wuif jou net toe om te ry. Niemand word getoets vir alkohol nie. Ek was die stadigste voertuig op die pad teen 120 km/uur. Almal het teen 'n vrees­like spoed verbygekom op blinde hoogtes, dubbelsperstrepe, niks het hul gekeer nie! Die meeste van Namibië se padgebruikers is varke. So nog meer gaan dood, totdat die verkeersbeamptes en polisie sal opstaan en daad werklik optree. Hel, man! Tyd vir praat en huil is verby.



Volgens inligting het pensioenfondse 12,5 miljard in Suid-Afrika verloor in Steinhoff. Het GIPF ook daar belê?



Kan die casino's nie 'n reël oor selfone inbring nie? Almal gaan vir ontspanning en nou moet jy na die ander een se storie langs jou luister.



I will end the year with the following: Our Sports Ministry was unfortunately handed to one of the last insiders. What happened to that ministry? Let the sports people speak. Running against a current fresh President. Its good and healthy. Officially you may retire. Farming is good, but then the real John Mutorwa must answer. Just go out while you have time. And this is with respect. - RWD



Die brief: “Wie is nou eintlik die boelies?” Dit voel so asof ek saam met die mamma geskryf het. Was in presies dieselfde bootjie saam met my kleinkind, niemand wil of kan haar help nie! Sy het nie eers medies nie. Hoop maar hulle kry ook 'n plekkie in ons samelewing.



Steinhoff verwys: Die feit dat Markus Jooste bedank het, maak hom nie onskuldig nie. Hy behoort aangekla te word. Hy kan nie sê hy het nie kennis gedra van die ongerymdhede nie.



Nelsen Mandela en Hendrik Witbooi sal uit hul grafte opstaan as hulle kon sien wat nou aangaan. Sies, wat 'n skande!



Hoekom kom president Geingob nie Khorixas toe? Asseblief!



Ek wil net vir die eienaar van die huis daar in Blok F wat Sondag 10 Desember 2017 so harde musiek gemaak het, sê dat 'n mens kan sien julle het geen respek vir ander mense. En aan die bestuurder van die Volkswagen wat so harde musiek gemaak het, wil ek net vra, is dit wat jy in jou ouer huis leer, om te doen wat jy gedoen het? Julle jongmense is 'n verleentheid vir die blok en julle ouers dra by tot dit. 'n Ouer moet orde handhaaf, maar julle voldoen nie aan dit wat 'n ouer moet doen, dit is waarom julle kinders so 'n leefwyse het.



Dunes Mall op Walvisbaai: die taxi's maak al klaar soos hulle wil. Laai sommer op of af waar hulle wil in die middel van die pad of bo-op die ingangsirkel. Leer hulle asseblief hoe dit gedoen moet word. Ek het probeer, maar al wat ek gekry het, was 'n middelvinger toe ek die drywer wou reghelp.



Ek moet net reg verstaan word. Ek het 'n probleem met “Gao-ao Jesu” wat elke oggend oor Kaisames gespeel moet word. Dit is 'n lekker lied, maar dit is verkeerd dat dit so aanmekaar gespeel moet word. Daar is miljoene liedere van ander kore wat net lê. Luister die omroepers na die woorde, dat dit nou gedurende Kerstyd ook gespeel moet word, terwyl daar Kersliedere gespeel kan word. Laat ons tog ook van die ander kore se liedere hoor, asseblief. Moet asseblief nie een koor voortrek nie, smaak verskil. Speel ook ander groepe se musiek.



ELCRN you are not willing to recognise a lecturer that is teaching at UNAM as a pastor yet, a full time Director at Heritage Council working for Government is recognized and appointed at Paulinum. Hope the government regulations allowed such two full time jobs. Also take note that Martin Luther was a lecturer at university of Wittenberg while a pastor of the Lutheran church. Perhaps ELCRN needs history lessons.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer