SMS'e vir 13 Augustus 2021
SMS'e vir 13 Augustus 2021

SMS'e vir 13 Augustus 2021

"...sien net $ signs..."
Mandy Rittmann
Henk Botha, ek sal jou graag wil ontmoet. Nie net dat ek baie van my in jouself raak sien (daai nasionale baadjie is ook so een size te klein soos myne was, lag), maar jy sien die rol van die ander rolspelers (agter die skerms) in die span raak. Dis die merk van ’n goeie afrigter. Ek dink onwillekeurig terug na my sukkeljare as ’n afrigter en as minister Tjongarero net destyds kritiek as opbouend aanvaar het en my briewe aan die Republikein 30 jaar gelede om ’n sportfonds te laat stig (50c van elke Lager en Coca-Cola) wat die publiek koop om die atlete soos Christine Mbomba en Beatrice Masillingi te ontwikkel wat nou so presteer, het ons definitief al meer medaljes vir ons land gewen. Dis duidelik vir my met genoegsame fondse, die regte voorbereiding en die beste afrigtingspan kon ons meer ongeslypte Mbombas en Masillingi's ontdek en hulle aan die wye wêreld blootstel, maar net as ons beplanning reg gedoen word en ons nie 30 jaar neem om ons foute te erken en daaraan te werk vir ’n groter doel. Ons land Namibië.

Met so ’n korrupte regering wat net aan hulle self dink, sal niemand in hierdie land kom belê. So werk julle julle eie landsburgers uit vir ander. Ek sê mos, korrup, skande, ons Namibiese leiers. Hierdie land sal ondergaan deur korrupsie en julle is skuldig, haal uit die skuldige.

Kan ek iets in ons president se oor fluister? Die werklose gepeupel wat in Windhoek grond wil gryp, stuur hulle terug van waar hulle kom, waar hulle blyplek gehad het. Ogh.

Nee mnr. die president. Jy hoef glad nie te worry oor hierdie sogenaamde investors, die wat olie soek, hulle is hier om te bly. Hulle en julle sien net $ signs en worry glad nie oor die land se arm mense en ook die natuurskoon nie.

Ek is ’n beesdief, ek steel elke week een bees om aan die lewe te bly en dop te koop. Ek is ’n christen en ek soek ’n kerk wat my kan akkommodeer. Ek weet die Bybel wil nie hê ek moet steel nie, maar ek soek ’n dominee wat die Bybel so interpreteer, dat hy my nie sal veroordeel nie. Al weet hy ek steel nog steeds bees en ek het gesê ek sal nie ophou nie, dan het ek ook nog ’n ogie op buurman se vrou. Ons moet maar ook die boek lees en soek vir ’n loophole. Lekker nê. – Boerseun

Kommentaar

Republikein 2025-08-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer