SMS'e vir 12 Junie 2020
SMS'e vir 12 Junie 2020

SMS'e vir 12 Junie 2020

". . . wie gaan ons skuld betaal?"
Mandy Rittmann
Erongo dreig met regstappe. Ons in die ander streke verstaan die aaklige situasie waarin julle julself bevind. Die regering se optrede is heeltemal rasioneel. Julle het die meeste gevalle van Covid-19 (sic) en ook local transmissions. Julle was gevra om lockdown regulasies ernstig op te neem en party mense het nie. Wil julle nou eers al die streke aansteek, die hele Namibië in dieselfde situasie laat beland, voordat julle verstaan hoekom die regering julle onder fase 1 teruggeplaas het? Miskien moet die ander streke regstappe teen Erongo neem. Asseblief, aanvaar dit en gebruik die N$175 000 wat julle nie het nie, om mense te help wat regtig niks het nie.

Die toerismebedryf het lank genoeg die mense beroof met hulle buitensporige pryse en nou wil hulle landsgrense oop kry, om hierdie viruspandemie te vererger. Sou die regering nou die landsgrense oopmaak, sal jy ’n groot gemors sien. Daar is in elk geval ander meer belangrike bedrywe wat eweveel in die nood is.

Ek is nou moeg om elke dag te hoor van die coronavirus, want elke mens wil nou ’n lockdown hê, maar al wat ek weet en die mense moet dit verstaan, as dit nou weer gebeur, dan gaan die besighede toemaak. Wat gaan gebeur as ons nie kan balasting betaal nie? Dan gaan die land in armoede in. Ek wil dan net weet, wie gaan ons skuld betaal? Sal die regering ons help, want ons het hulle al die jare gehelp om belasting te betaal. Baie dankie.

Geen drank, beter toekoms. Ons moet weerens die 20ste Junie begrafnis hou, terwille van drank. Die gedagte dat drank vir 350 000 mense in Namibië sorg, is ’n blatante leuen. Die lone van N$600 kan nie vir ’n familie sorg nie. Die skade wat drank veroorsaak, vernietig die lewens van meer as 500 000 mense in Namibië. Sommige maak sekerlik baie geld uit die alkoholbedryf, maar dit bly maar ’n lewensverlies vir Namibië.

The alcohol industry is the single biggest contributor to destruction of lives in Namibia, including capital crimes such as rape and murder. Mining, agriculture, construction, etc. contribute more than the alcohol industry towards the GDP, but with much less destruction to human lives. This industry has a 20% positive contribution and an 80% negative contribution in Namibia if we use the 80-20 principle.

Geagte goewerneur van Hardapstreek, u toespraak te Rehoboth dra meriete. As dit nou in dade gestel word, dan sien ek herstel vir ons dorp. Kyk nou ook na die paaie, straatligte en vullisverwydering en swembadprobleme om net ’n paar te noem. Onthou, u is nou in die weegskaal geplaas.

Galgtou: As ek sekere goed sien, dan kry ek koue rillings oor die bom wat amper my lewe verwoes het. So nou moet al daardie goed verwyder word. Wat van onskuldige mense wat deur Swapo vermoor is? Van ons sit die verlede agter ons en kyk vorentoe en bou die land op, maar party mense het niks om by te dra vir die land nie, daarom hou hulle hulle op met sulke snert.

Ag tog, die ou galg! Maak tog seker jy weet waarvan jy praat. Moordenaars het gehang, mense is gehang wat ’n brood gesteel het, omdat hulle honger was, of ’n paar skoene. So ja, dis weer ’n kwessie. As die skoen jou pas.

N$20 000 deposito vir N$40 000. U noem dat u die deposito in 2009 gedoen het, en as u van 2009 niks betaal het om die ander N$20 000 byvoorbeeld maandeliks te betaal nie, sal en kan hulle dit nie oordra in u naam nie. Die huisie behoort eers aan u as u die hele N$40 000 betaal en teen hierdie tyd, 11 jaar gelede, het u uitstaande skuld ook met rent opgeloop. Praat met die verkopers en miskien kan u u geld terugkry, maar ek glo nie. U kan die N$20 000 deposito verloor het deur nie maandeliks die uitstaande bedrag te vereffen nie.

Groot-Aub vs City of Windhoek. CEO, die sign bord by die ingang van die 1320-pad lees “no sand mining” asseblief. Mnr. Kahimise, ek is 65 en ’n pensioenaris. My vraag is wat maak sandwerkers oornag en selfs deur die dag in die rivier? – Mr

Ek stap vier winkels deur vir wat ek moet doen of koop. Waar ek kom, bespuit hulle my hande met vlambare spirits. My neusgaaie is klaar geruik van die gif en my hande kan nie meer vat nie. Ek is moeg gespuit. Sanitise met spiritus. So, verbied spiritus vir sanitiser doeleindes en laat die normale sanitiser gebruik word. Dankie sanitiserspuiters.

Die onderwysers is nou vir die 2de maand sonder kinders om te onderrig. Hulle word vol salarisse betaal, sonder kinders. Help my reg. Dan kry hulle verlof binne ’n verlof.

Die persoon wat hulp soek oor huisie se deposito van N$20 000 in Woensdag 10 Junie se Republikein, bel my. - 081 551 3660

Sinoritha, baie dankie vir jou dankie sê brief aan Namib High, Swakopmund se onderwysers. Ons waardeer dit. Dis leerlinge soos jy wat onderwys die moeite werd maak.

Ek is darem nou baie vies. Die nuwe program op Kyknet, Kwarantyn. Die kanaal, 149, kan ons nie kyk, net as ons Premium het. Dis rêrig nie nice van julle, hoor. Baie hartseer.

Kan ons asseblief ook Engels verban in Namibië. Dit laat my dink aan die tyd toe die Britte ons mense op plase vermoor het.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer