SMS'e vir 12 Desember 2019
"Ons verloor duisende . . ."
Home Affairs paspoorte. Ons het klaar ons vakansieplekke bespreek en betaal in Suid-Afrika, nou moet ons hoor die paspoortboekies is al weer klaar. Ons verloor duisende rande, want jy kry nie jou geld terug nie. Help ons asseblief!
Kan die ministerie nie sê hoe lank sal dit neem om die paspoorte te prosesseer of laat die mense oortyd werk. Ons benodig dit dringend!
Nou is die tyd weer hier waar honde dag en nag huil en blaf, want baas is mos met vakansie en dink as iemand eenkeer die dag na hond kyk is dit OK! Skokkend!
Sy ligte is aan, maar daar is niemand by die huis nie. Beurtkrag is weer: Sy ligte is af, maar hy is by die huis. – Petrós
Sny asseblief die gras voor die Duitse kerk. Ons dorp kry klomp besoekers en dit lyk nie netjies nie.
Keetmanshoop Munisipaliteit, wanneer gaan julle watermeters verskaf aan die pensioenarisse, enkelouers en afgedanktes? Sien Republikein 11 Desember 2019, bladsy 15. Walvisbaai voorsien vir sy mense, hoekom bly julle agter by alles of moet ons ons eiendomme verloor dat julle dit kan opeis? Laat weet asseblief deur die koerant en sosiale media.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie