SMS'e vir 12 Au
". . . die tyd van siektes . . ."
Geagte Governor van Hardap Region. Kyk tog asseblief na Rehoboth, Blikkiesdorp, Blok E. Ons gebruik toilette wat ons self skoonmaak, nog in dié tyd van Covid-19. Dit is 37 jaar en in die tyd van siektes. Kan ons ook darem afspoeltoilette kry asseblief, asseblief!
Oor Sanet se wieletjies. Goed en wel dat ons die plaaslike toerismedryf nou moet ondersteun, maar hoe het daardie selfde bedryf ons eie Namibiërs ondersteun ten tye wanneer die euro, pond en VSA dollar dik gevloei het? Geensins, as jy nog nie 'n antwoord gekry het nie. En kom ons droom net so bietjie en sê maar daar is 'n handvol alledaagse Namibiërs wat 'n paar dollars bymekaar kan skraap om net uit die huis uit te kom en hulle spandeer daardie hard verdiende geld op die plaaslike toerismebedryf. Wat gaan weer gebeur wanneer die grense weer oop is? Dan is ons Namibiërs weer nie goed genoeg vir hulle nie.
Die kwaai direkteur vir gesondheid in die Suide het dit nogal raak opgesom deur te sê sy werk vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en nie vir die privaat sektor nie. Die resultate is ooglopend, maar haar salaris word hoofsaaklik deur die privaat sektor geborg.
Net een ietsie wat my verstand te bowe gaan. Almal in Namibië kry hulp, geld, kospakkies, maar die arme pensioenarisse kry nie 'n sent by. Dis 'n skreiende skande! Nee regtig, ons government kan hom skaam.
Wynmakers wil hê die druif van die stok moet nie so sleg soos ander alkohol bevattende produkte gesien word nie. Wat 'n spul nonsens. Enige vloeistof wat alkohol bevat, is 'n dwelm, want alkohol is 'n dwelm! - SAP&H
Wynboere leef soos konings (gaan kyk net na hulle herewonings en voertuie), maar hulle arbeiders leef en bly soos arbeiders! – PJ
Francoise jy is 'n vrou 1 000 en 'n dierehero. - Diereliefhebber, Swakop

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie