SMS'e vir 10 November 2017
“. . .dinge word net erger.”
Bernard, Bernard, Bernard! Jy het dan so goed begin, wat gaan dan nou aan? Die hospitale val dan nou behoorlik uitmekaar!
Is dit dieselfde regering wat voorskrifte uitdeel aan die privaat sektor se skoonmakers wat hul eie personeel so swak behandel? Dan is daar ook dié in onderwys wat elke nou en dan kla oor oortyd ens. “Government put your money where your mouth is.” By Katutura-hospitaal is daar ook nie verbande, salf, ontsmettingsmiddels nie en jy moet maar by die naaste kliniek gaan vra of hulle het.
Verwys na koerantberig van 8 November 2017 oor staatshospitaal: Nog ’n departement van die staat wat inmekaar val. Van dokter tot skoonmaker is almal mos gelyk. Dokters en skoonmakers presies dieselfde. Niemand vat opdragte van mekaar nie. Jaag die hele spul weg en stel nuwe mense aan, hopenlik kan die hospitaal ’n beter plek wees. - Johan
Mense! Wat gaan in Windhoek aan spesifiek? Wat gaan in die staatshospitale aan? Is dit nie ’n plek van gesondheid nie? 27 jaar en dinge word net erger. Wat word van die geld? Mense wat nie medies of privaat kan bekostig moet nou maar net doodgaan by die huis, want in die hospitale sal mens "anyway" ’n wrede dood sterf, want daar is niks wat jou aan die lewe sal hou.
Leiers van Namibië, word julle nie skaam dat die land so agteruit gaan!
20 pages of adverts for teachers, most of which do not require any qualifications? Shocking! Poor Namibian children will have no future!
Hoe lekker lag ek nou! Republikein van 8 November 2017 onder briewe: ”Our president Dr Hage Geingob is on record committing goverment to the fight against corruption. Hel, mnr. die President, jul is direk verantwoordelik vir die gemors in die land. Doen die eerbare ding en jaag al die “useless” ministers weg en kry jou huis in orde. Hoe moeilik kan dit wees?
Mr President! Please read Namibian and Republikein newspapers of 8 November 2017 about state hospitals. They are a disgrace to human kind. I hope you have the decency to be ashamed of the horrendous conditions and the way your people are treated. Shame on you.
SMS wat vra wat het die DTA vir Namibiërs gedoen? Die klinieke, skole en pensioene waarvan u praat, word met belastingbetalers se geld gefinansier. En nie Swapo-geld nie. Kry asseblief u feite agtermekaar voordat u u mond oopmaak.
Team Hage and Team Nahas and Co. Your infighting for absolute power has become reckless. I wonder about the retired two old timers. What are they whispering in the dark? Has ethnicity become the power ball to decide the winner of this Namibian political lotto? Whose got the wining numbers? - Axaro
As ek na al die swak ontwerpte, lelike, onlangs voltooide geboue kyk, veral langs Mugabe-weg, dan begin ek verstaan hoekom ons eksperts moet invoer. Meeste van hierdie geboue is nuut, maar lewensmoeg, onprakties, onooglik en ’n uiterste skande vir ons stad.
Die voorbladfoto van die armsvol bierbekers wat by die Oktoberfest gedra word, is onvanpas en nie meelewend nie gesien teen die agtergrond dat Namibiërs die meeste drank in Afrika gebruik. Die Oktoberfest is ’n koloniale kulturele tradisie van ons Duitse burgers wat niemand wil wegwens nie, maar die ophemeling daarvan vir almal kan regtig nie goedgepraat word nie. - Ein Prosit
Boere word net geleer van genetika, maar nie van dierevoeding en -hantering nie. Ek sien hoe lyk die diere wat op veilings verkoop word en kan skaars glo dis diere wat ons uitvoer.
Kan die dorpsrade nie asseblief ’n plan probeer maak met die donkies en bokke wat so in die dorp rondloop op soek na water nie? Kan hulle nie aan die kant van die dorp ’n krip opsit nie, dan sal hulle ook nie so in die strate wees nie. Ek kry hulle ongelooflik jammer oor dit so ontsettend warm is.
Olympia Municipal Swimming Pool: Has any other reason been given for its closure except the tattered note apologising for September's technical problems? I am sure half of Windhoek pool owners can be of assistance. Can the rate paying public please be informed, or are we by now supposed to be desensitised to situations of non-delivery such as these?
Bought an Air Namibia ticket to Frankfurt for N$13 562.00 of which the fare is N$5 530.00 and airport taxes N$8 032.00? Shocking! How is this possible? NAC can u explain please?
Arandis is geseën met Rehoboth se kind! Wens daardie Swapo-dorpsraad wil toelaat dat ’n kind van Rehoboth wat die belange van ons eens mooi dorp op die hart dra as CEO dinge reg ruk. Maar nee! Hulle saboteer ons, bestuur alles “down the drain". Laat toe dat alles geprivatiseer word! As die droom waar word, glo my, dan sal ons ook ons "rates" met ’n smile betaal!
City Police, is dit moontlik om kameras aan pale op te hang in Asblomstraat, Donkerhoek, Khomasdal.
Kan enige ingeligte persoon dalk laat weet op watter dae kan jy ’n sleepwa by Aris of Brakwater laat weeg vir registrasiedoeleindes? Dit help nie om te probeer bel nie, daar is nie antwoord nie, of dis beset?
You are the captain of your ship. So agree with the same. If you travel downward, you have yourself to blame. - MW Miller
NamPost moet sy dienste verbeter. Ek het op 31 Oktober geld telegrafies gestuur in Suid-Afrika. Hul belowe drie werksdae. Nie Kaapstad, nie Windhoek weet wat van die geld geword het. Gee raad asseblief, ek word nou rond gestuur en weet nie meer nie.
Al die huise in Keetmanshoop wat so leeg staan is vir die Noorde sodat die stemme en raadslede ’n oorwinning kan kry in die volgende verkiesing.
Is daar nie iemand wat Gochas toe kan kom nie en kom kyk hoe vuil Gochas is. Hier is geen ontwikkeling in Gochas. Help asseblief!
President Donald Trump sê die skietery by die kerk is ’n daad van die duiwel. Verkeerd! Dit is altyd die daad van mense wat met die duiwel in gemeenskap leef. Pasop! Kry jouself aan die regte kant Namibië. Elke inwoner moet God bo alles lief hê en jou naaste soos jouself. Doen aan jou naaste wat jy aan jouself gedoen wil hê. Politici en leiers skryf dit op die tafels van julle harte, dan sal julle volgelinge ook so leef.
Die persoon wat broodpanne soek, sit jou nommer in die koerant.
Ek het ou koerante vir Afrika! Stel iemand belang? Skakel 081 324 3702. - Karasburg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie