SMS'e vir 10 Maart 2020
SMS'e vir 10 Maart 2020

SMS'e vir 10 Maart 2020

"Mag die Here gee . . ."
Mandy Rittmann
Question to President Geingob. You say you will announce surprise visits during your second term, but what does it help if you can not see what we see? You said you found the state of Katutura hospital satisfactory? Will you allow your children or grand children to go there? We fear we are not happy with your standards if you are satisfied with the state of Katutura Hospital.



Gister het ek weer by een van ons kettingwinkels in 'n ry gestaan om 'n bietjie kruideniersware te koop. Daar was nie net een ry nie, maar rye. So hoes en proes die mense in die rye sonder ophou. Mag die Here gee dat die coronavirus nie ons land besoek nie. Die realiteit is dat ons dit nie sal kan beheer nie. Tragies!



Die eerste coronavirus is in die land? Hierdie lamsakkige regering is nie in staat om die openlike korruptes en staatsbestelers hok te slaan nie, hoe op aarde gaan hulle die sluipende virus bekamp? Baie skepties.



Ek was onder die indruk dat Hage Superman is wat die land sal red, maar nou sien ek dat hy eintlik net Lex Luthor vermom as Superman is.



If you want to fix Katutura hospital, simply change the name to Swapo hospital. Sure they would not want the poor state of the hospital to be a direct reflection of the party.



Volgens wat die mense praat, moet die Fish Rots nou baie meer wees en dit nogal op die hoogste vlak. Nou is ons land Namibië in 'n gemors. Ons was beter af dertig jaar gelede. Nou wil hulle nog fees vier oor die gemors waarin hulle ons land gedompel het.



Gierigheid is by meeste inwoners te bespeur. Demokrasie wat kamma so goed is, sluit die eetsug mos seker ook in. Sekeres het weer die entitlementsindroom wat als omvergooi.



Mnr. of me. Welsyngeld, ek hoop jou kop is reg opgeskoef. Ek het tot op 67 jaar gewerk en die tax wat ek betaal, het myne betaal en nog vier oues van dae. En ek praat nie van 60 jaar terug.



Ek smeek vanoggend die CoW traffics om plek in te neem by die verkeersligte in Sam Nujoma Drive, op die hoogte voor jy vir ou Louis Botha gekry het. Dit is 'n totale gemors. Een lang tou vanaf westekant en taxi's beur in. Ek het vanoggend 'n hele 15 minute in die tou gestaan. Help asseblief!



Is daar ooit geregtigheid op Groot-Aub? 'n Familie rou oor 'n 2-jarige dogtertjie doodgetrap is deur 'n drywer sonder lisensie en met 'n onpadwaardige voertuig. Moet daar nie arrestasies wees en hofsittings om te bepaal wie nalatig was?

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer