SMS'e vir 1 Maart 2018
“. . .kliniek het nie water. . .”
Drie van die wildstropers by Rust en die buurplaas sit alweer in die tronk met 'n “fine” van N$2 500. Hulle sal maar net weer gaan stroop. Die “legal system” en regering bevorder en steun dit.
Kinders voor en kort ná 1990 is in hul moedertaal onderrig en vandag het hul geen probleem om hulself in Engels uit te druk nie. Moedertaalonderrig is so belangrik, want die kind word in sy moedertaal ondersteun. Vandag sukkel kinders om te lees en wiskunde te doen. Ons het altyd in wiskunde van woordsomme gepraat. Hoe wil so 'n kind wiskunde slaag as hy nie die woordsom kan lees en nie eens kan verstaan nie? Is dit nie die rede hoekom die druipsyfer so hoog is nie? En hoekom is daar nie behoorlik navorsing gedoen nie. 'n Land soos Noorweë glo daaraan dat 'n kind tot in matriek in sy moedertaal onderrig moet word.
Aan ouers wie nie skryfboeke & skryfbehoeftes wil koop nie: Die Ministerie gee N$66 per leerling vir die jaar. Gaan na 'n winkel, dan kyk u watse skryfbehoeftes u daarmee kan koop. Vra uself: Is dit genoeg vir al my kind/kinders se vakke? Is dit genoeg vir 'n jaar? Sal dit hou tot Desember? Besluit dan hoe u u kind se opvoeding kan verbeter.
Hentiesbaai: weervoorspelling op TV. Vir weke al wissel die temperatuur tussen 12-18 of 14-17 terwyl ons die afgelope 3 weke letterlik doodsweet van die hitte bedags met glad nie koue nagte nie.
Dis nou met groot skok en verbasing dat ek sien ons het 300 SOE's in Namibië. Hoe op dees aarde het hulle ontstaan en watter doel sou hulle dien gegewe dat hulle met belastingbetalers se geld aan die lewe gehou word?
NEEEF moet wet word? Pleks die regering hulself vra wat HULLE ná 28 jaar se onafhanklikheid vir die swart Namibiërs gedoen het, wat die swaarste las van hierdie donker tydperk gedra het en nie oor die nodige vaardighede of kapitaal beskik nie. Ons het niks verniet gekry nie; alles met harde werk opgebou. Blameer jul skoolstelsel, kyk na die “pass rate” – alleen die Engels. Wat daar uitkom, is om van te huil. “Watch the exodus and brain drain. . .” Viva Harambee!!
Ek dink weer EES het meer respek vir Onafhanklikheidsdag deur voor te stel dat ons hierdie lieflike, onafhanklike land eer deur haar skoon te maak op daardie dag!
Die Rehoboth Basters is sonder 'n leierskap wat die belange van die volk op die hart dra. Alle Basterburgers wat nou deur die RBG as bywoners gebrandmerk is, word genooi na 'n volksvergadering belê deur die Red die RBG-komitee op Sondag 11 Maart om 15:00 in die Kaptein Hermanus van Wyk-gedenksaal. Agenda: 1) Skending van die Vaderlike Wette 2) Kapteinsverkiesing. Navrae: 081 318 5515.
Kan City Police asseblief die strate van Rocky Crest snags reguleer, want die inbrekers is weer erg in Rocky Crest. Mense word ook lelik aangerand.
NEEEF en Harambee is nog al die tyd volstoom aan die gang: vra maar vir die boere hoeveel vee en wild verdeel mense; hoeveel pype, drade en hekke verdeel hulle. Vra maar die gewone ouens hoeveel verdeel hulle deur inbrake en motors wat nuwe eienaars kry. En les bes winkeleienaars. Hoeveel verdeel hulle deur diefstal? Miljoene. So te hel met NEEEF en Harambee. Hoekom moet net sommige hulle vrek werk vir 'n inkomste en die res kry als verniet? Werk is die wagwoord.
Dis maklik om die inkomste-ongelykheid reg te stel. . . Maak almal arm. Wie kon nou dink ons president kan sulke briljante planne uitdink?
Regering wil NEEEF instel, maar spandeer miljoene op onafhanklikheidsvieringe. 20 miljoen kan seker 'n klomp minder bevoorregtes vorentoe help.
Kan GIPF dan nie weer 'n slag kyk na ons maandelikse bedrag nie? Dis water betaal, dis krag koop en huur betaal. Jy kan rêrig nie alles betaal uit N$4 000. Wat dan van kos en klere? Kom wees ons tog tegemoetkomend, asseblief. Sal dit hoog waardeer! Die Here seën julle.
Sjoe, jy's gelukkig om net N$113 000 belasting per jaar te betaal. Kan jy jou indink hoe woedend dit my maak om te sien hoe my amper N$200 000 per jaar weggesmyt word op gemors?
Het al die inwoners van Auas Hills Retirement Village al stofmaskers gekry? Wanneer die tweede boufase (aan die verbypad) begin, sal hulle nie meer sonder die stofmaskers in die oopte of onder die afdak kan gesels nie. Ek het al in 2016 getrek weg van Olympia, Daan Bekkerstraat.
Groot Aub se mense hardloop na koerante met onnodige goed. Die kliniek het nie water nie vir lank. Kinders bly elke dag by sjebiens en steek mekaar. Julle se goed word gesteel. Ou mense se geld word van hule eie kinders gesteel. Los die jaloesie vir die polisie en kliniekmense en staan op vir ware goed.
As 'n mens nou nie eers met 'n kortmouhemp 'n begrafnis kan bywoon nie, dan wonder ek. My kind het met sy werks-“overall” 'n vriend se begrafnis bygewoon, want dit was in werkstyd en niemand het kommentaar gelewer nie. Jy gaan neem afskeid van 'n vriend wat gaan rus.
As ek jy is, trek ek sommer 'n kortbroek ook aan.
Kan iemand vir my verduidelik, asseblief. Ek staan met my ou 1994 Mazda by 'n winkel en so bedel die mense by my. Langs my stop 'n Jeep met donker vensters. Daar by die man word niks gevra nie. Hoekom? Om so 'n motor te kan ry, het jy tog seker baie geld?
Baie goeie diens gekry by Auas Motors, Windhoek. Baie dankie, Delicia. Jy's 'n staatmaker. – Mnr. Basson, trotse Isuzu-eienaar

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie