SMS'e vir 1 Junie 2018
SMS'e vir 1 Junie 2018

SMS'e vir 1 Junie 2018

"...simboliese geestelike tuiste..."
Mandy Rittmann
Hierdie besondere gebou dra baie geskiedenis en as gevolg van ligging 'n fokuspunt en simbool van die dorp. Ek vra die kerkraad en NG Kerk-sinode tog baie mooi om dit eers as 'n historiese gebou te laat registreer voor u verkoop, want dan sal die gebou bewaar bly. Indien nodig kan die NG Kerk-sinode die gebou koop. - D Potgieter, Windhoek



Dit blyk duidelik dat die Usakos-gemeente nie meer hulle predikant kan bekostig nie! Het dit nie miskien tyd geword vir 'n forensiese oudit op die finansies van dié gemeente nie?



Usakos-kerk in die mark! Skokkend! Die kerk was en is die simboliese, geestelike tuiste vir duisende mense oor die jare! Dankie vir die fluitjieblaser ensovoorts. Marais, as u nie daadwerklik ondersoek gaan instel nie, sal ek (en ek glo ander) maar net moet aanvaar die NG Kerk is ook maar net daar om geld te maak.



Fishing quotas open to especially disadvantaged persons, but they must have a company? What a corrupt farce! It seems Esau is the king of our fish resources and untouchable and does as he pleases?



Baie van ons Swapo-mense in die Suide het geweet dat die Nama-fees net 'n motief was om ons mense te probeer bykom, met LPM te indoktrineer en te vervreem van Swapo. Dit het nie geslaag. Vir sy jong ouderdom het Dirk Eigub baie goed dié LPM gefnuik. Clinton en Hennie moet maar hul eie Nama-fees organiseer!



Kan iemand asseblief die stukkende ligte vervang by Home Affairs se kantoor by paspoortaansoeke, en ook al die ruite en vloere elke dag skoonmaak? Die personeel werk vinnig en noukeurig. Dankie daarvoor. Dit sal baie gerieflik wees om 'n permanente polisiebeampte daar te hê om sertifisering van dokumente te doen soos vroeër.



Munisipale areas in Otjiwarongo is verskriklik vuil. Moenie eers praat van die dorp se begraafplaas nie. Wat doen die munisipale werkers?



Dolphin Rugby: Die Dolphins is reg om te baljaar. Die een en enigste Dolphin-span wil die systappe, dartellope, kort en lang fopaangeë doen. Die Dollies-span soek die ou Boys om te kom kyk of die gees van Dolphin-rugby nog bestaan. So oupyp soek die Boys van 1982 daar! Maak dit 'n Dolphin-dag. Dis ons laaities, Swakopmund.



Why victimizing Katrina Himarwa over unnecessary things, while we have ministers that are involved in corruption cases worth millions of dollars but they only have to explain to the president and not in court? Is it because she is from the ||Kharas region or is it because she is a woman? I urge all women to march against this discrimination.



Klein Windhoek se ou lokasie se pensioentrekkers ken die geskiedenis van Windhoek baie goed.



Aan Metro by die drankafdeling wil ons net sê, baie, baie dankie vir julle vriendelike diens. Wraggies, julle is behulpsaam en altyd vriendelik. Van Magda en Trudie uit Gibeon.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer