SMS'e vir 1 Julie 2020
". . . tra-la-la lekker lewe . . ."
Om N$102 miljoen te betaal vir die vervanging van dakke en ’n paar noodopknappings skree ten hemele. Kundige, Namibiese boukontrakteurs kan ’n splinternuwe skool vir 600 leerlinge, plus ’n koshuis vir 480 leerlinge bou en dan het jy nog kleingeld oor, maar nou moet ons nie vergeet nie dat dit so aanbeveel is deur ’n professionele span, wat met ’n fooitjie van waarskynlik by die N$25 miljoen wegstap.
CoW, how many houses can be built with the money owed on municipal accounts? We are forever being told about 80% of the economy is in the hands of a select 10%. Can these select few be taken to task about how something as horrendous as 2 billion plus can evaporate from the accounts of CoW and the Department of Customs and Excise unchecked and apparently unaudited?
Hoekom styg die positiewe Covid-19-gevalle in Walvisbaai so geweldig? Die regeringsbeamptes doen nie hul werk nie. Mense met simptome wat getoets word, word weer huis toe gestuur net om ander te infekteer in plaas daarvan om alle getoetse mense in kwarantyn te plaas tot die uitslae bekend is en daarna die regte besluite oor die pasiënte te neem. Dieselfde geld vir mense wat die land binnekom by grensposte. Behalwe om nuwe gevalle bekend te maak, wat doen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om hierdie pandemie te bekamp?
MoHSS: Hoe is dit dat daar nie in ander streke op groot skaal getoets word nie, net Erongo. Veral in die Noorde. Social distance bestaan glad nie en 70% dra geen maskers nie.
Die voorstel van Willem de Wet in Republikein van 23 Junie oor lorries word 100% ondersteun. Het ook al gewonder of dit nie tot groter padveiligheid sal bydra nie. Vertrou dat die vervoermaatskappye dit ernstig sal oorweeg.
In die land van die blindes is een oog koning. Wat is verkoue en griep se simptome? Wat is Covid-19 se simptome?
Hoe het mense die kop-onder-die-vlerk of/en kop-in-die-sand manier om nie die werklikheid, wat deesdae baie negatief is, raak te sien nie? Ons gaan eerder op die tra-la-la lekker lewe wyse ongestoord voort, want dit is die lekker, onverantwoordelike manier van dinge doen. - SAP&H
Om dood te maak, is moord. Dus is aborsie ook moord, want ’n baba word doodgemaak.
Munisipaliteit is vinnig om N$15 aan te slaan vir ’n duplikaatstaat as jy jou rekening wil betaal op maandeinde, maar dit is al die 29ste van die maand en daar is nog geen state in die pos! As jy ’n pak papier koop, kos dit jou nie eens 80 sent per blad nie. Day light robbery!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie