SMS'e vir 1 April 2021
SMS'e vir 1 April 2021

SMS'e vir 1 April 2021

". . . die trein wat ons pas."
Mandy Rittmann
Republikein, 10 Februarie 2021: Meer as 300 slaggate gevul. Moet ons nou ook ons eie paaie regmaak? Nadat ons al vir ons eie sekuriteit sorg! Dalk sal ons ook ons eie water en krag moet kry. En dan ook nog klomp geld betaal vir CoW. Waarheen is ons op pad?

Mnr. Henning Yssel, vertel ons ook wanneer gaan al hierdie visioenêre wonderwerke gebeur. President Geingob het minder as 4 jaar oor. Hy het weinig bereik in die tyd wat hy president was.

Pensioen nie genoeg om te leef. Die N$1 300 oumensegeld is nie ’n pensioen nie, dit is ’n skenking aan die ou mense.

En wie se skuld is dit dat die dorp agter is met hul elektrisiteit? Waarom is dit toegelaat? Alles gaan agteruit, dis ’n skreiende skande! Niks word instand gehou nie en onskuldige mense moet alewig die spit afbyt. Niemand wil die waarheid hoor nie, dan klim ons mos die trein wat ons pas.

Aan die direkteur van onderwys van die Kharas region. Is dit nie moontlik dat die DJPE insetonderwysers hul kontakklasse wat vanaf 6 tot 10 April op Keetmans plaasvind, kan verskuif na die 30ste April wanneer skole sluit vir leerlinge nie? Ons kinders het verlede jaar so min skool toe gegaan. Net een termyn en nou gaan hul elke alternatiewe dag skool toe. Asseblief meneer.

Ek is stééds op soek na pickled fish in blikkies op Mariental. Ek soek nou al 5 jaar daarna. Waarom word dit nie meer ingevoer uit SA nie? Ons soek nie sardyne en tuna nie!

Genoeg is genoeg. Hardap Regional Council het nou weer sopas 'n klomp tenders uitgereik, maar kyk - dit is net die bekende kontrakteurs wat dit gaan kry. Dit het tyd geword dat die ander kontrakteurs moet opstaan en veg teen dit. ACC, kom doen julle werk.

Gedog almal kry swaar. Die gedeelte oor die Karibiese eilande was eintlik tong in die kies bedoel. Ek gee jou ’n brief in braille dat my 94-jarige moeder baie eerder plaaslik wil verjaar as op enige eiland. Dit gáán regtig goed met ons, omdat ons bevoorreg is dat ons moeder nog vir ons gespaar is. Die hele doel van die brief was om die swak diens deur besighede in Swakopmund uit te wys. Ek was ook vir 6 maande werkloos weens die pandemie.

Kliënt nie gekontak om verbandaktes te kanselleer, nou ten duurste betaal om oorspronklike titelakte te bekom aan admin, prokureurs. Teleurgesteld in die bank.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer