SMN: Namibiërs is bly en kwaad oor dieselfde goed
Tanja Bause - Gebeure in ons land het my weer eens laat besef hoe uniek Namibiërs is.
Hoe ons almal ongeag ons taal, kleur, geloof, geslag en wat ook al saamstaan en mal is oor dieselfde goed.
Met die goeie nuus dat die lelies by Maltahöhe vanjaar weer blom, het ons familie summier op ’n uitstappie besluit.
Vroeg Saterdagoggend is in die voertuig gespring en in die pad geval.
Met al die verkeer wat in dieselfde rigting gery het, het ons vinnig besef die hele Namibië is op pad Maltahöhe toe.
Net buite Rehoboth ry ons oor die eerste rivier wat vloei. Almal ry stadig oor die rivier en hang by die vensters uit. Toe ons oor die derde rivier in vloed ry, word besluit ons moet stop. Dit was toe ook die rivier waar almal gestop het. So tipies Namibies. Almal het gestop en rivier toe geloop, hul voete natgemaak, gejuig en foto’s geneem voor daar weer in die pad geval is.
Dit is ’n ding wat ons as Namibiërs doen. Wanneer die riviere loop en die veld groen is, word die cool box gepak en in die voertuig geklim.
By die lelies aangekom, het dit gelyk of daar ’n groot fees aan die gang is met al die voertuie en mense. Alles en almal van oraloor die land het kom kyk.
“Ons het Vrydag gery, geoornag en nou is ons hier, want dít kan ons nie mis nie,” het ’n vrou van Outjo gesê.
Die voertuie was bruin van die modder, want ook soos tipiese Namibiërs moet deur alle modder- en waterpoele op die pad gery word.
“As jou voertuig skoon is, is jy seker ’n toeris,” is herhaaldelik gesê.
Die absolute dankbaarheid wat ons almal as Namibiërs ervaar wanneer dit reën en die water loop, is iets wat ons as volk in gemeen het.
Dat ons as ’n volk saamstaan is weer eens bewys ná die ou treinstasiegebou by Garub in die Suide gevandaliseer is. Vier toeriste het besluit dit is die perfekte gebou om met hul graffiti te besmeer. Hulle het ook ’n video gemaak van waar en wat hulle alles in ons mooi land kom vervuil het.
Ondersoek is ingestel en die identiteit van twee van die morsjorse is bekend gemaak. Dit is waar Namibiërs begin saamstaan het en boodskappe aan die vermoedelike oortreders se Instagram-rekening begin stuur het, wat die rekening toe privaat gemaak het.
Die twee vermeende morsjorse het hul Faceboek-profiele gesluit en hul WhatsApp-nommers verander.
Dít omdat Namibiërs van alle uithoeke hulle laat weet het hulle het met die verkeerde land gemors.
Namibiërs van oraloor die land het foto’s op Faceboek begin deel van waar oral gemors is, en vinnig het ons agtergekom Garub is maar ’n druppel in die emmer.
Baie skade is aangerig en padtekens is onder meer bemors.
Namibiërs het vennote van die vermeende vandaliste met boodskappe en oproepe oorval. Dié besighede het hul Facebook-bladsye gesluit en e-posadresse is gekanselleer.
Dít is wat dit beteken om ’n Namibiër te wees.
Ons het soms ons verskille, maar vat jy aan een van my mense, of aan een van my land se historiese geboue, sal jy altyd tweede kom en jouself teen ’n muur van Namibiërs vasloop.
Die laaste boodskap op die vermeende vandaliste se Instagram-rekening was: “Ons is die outjies wat die fout gemaak het om k@k graffiti in die mooi Namibië te verf en toe het ons kop uitgetrek en die video verwyder.”
Ons noem ons land nie verniet die land van die dapperes nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie