SMN: ’n Lewe ná borgtog
Stadig maar seker begin die lewe na normaal terugkeer ná die aanvanklike streng hoktydperk tydens die Covid-19-pandemie.
Terwyl ons nog toegesluit was en nêrens heen mag gegaan het nie, wel ten minste diegene wat die hoktyd ernstig opgeneem het, het ek in my kop talle planne gemaak oor wat ek eerste gaan doen sodra ek en my landgenote borgtog kry.
Eerste op my lys was om na my ouers toe te ry en hulle ’n stywe drukkie te gee. Die wat ’n mens nie mekaar mag drukkies gee nie, werk nie vir my nie. Ek is ’n drukkiemens en hoe langer ek toegesluit was, hoe meer wou ek enigiemand net druk. Dieselfde geld ook vir handdruk. Ek sal nooit weer ’n drukkie of ’n vriendelike uitgestrekte hand as vanselfsprekend aanvaar nie.
Tweede op my lys was om na my boetie en sy familie te gaan om te braai. Ons sal dan ook sy jongste, Jessica, se 16de verjaardag vier. Sy het self gesê: “Nou moet ek my sweet sixteen in kwarantyn vier”.
Gedurende die hoktyd was sy nie die enigste een wat nie ’n spesiale verjaardag behoorlik kon vier nie. Twee van my vriendinne het onderskeidelik 60 en 30 jaar oud geword.
Dit is groot mylpale en voor die virus nog ’n behoorlike bedreiging was, is die verjaardae al beplan. Veral Anita het haar 60ste lank voor die tyd beplan. Sy het mense genooi, die tema gekies, kostuums uitgesit en die musiek opgeneem. Almal kon nie wag vir dié dag om aan te breek nie.
Nadat die eerste hoktyd aangekondig is, is die datum van die partytjie uitgestel. Nou moet dit weer uitgestel word aangesien die regering besluit het geen drank mag verkoop word nie. Ons kan haar verjaardag nou vier, maar moet ons dan ’n glasie water klink? Dink nie so nie.
Gelukkig is Anita mooi groot en kan nog ’n paar maande wag. Dalk moet ons dit vier as sy 60 jaar en ses maande oud is. Als behoort dan terug na normaal te wees. Ons kan net bly hoop.
Dan sou ek gaan kamp het. Waar ek kamp maak nie eintlik saak nie, solank dit net in die bos is. Solank ek ’n tent kan opslaan, ’n vuur kan aansteek en ’n koeldrank kan geniet terwyl die son sak.
Die veld was vroeër die jaar ná die reën so mooi en besonders, veral ná die droogte. Niemand kon dit regtig waardeer nie, omdat ons in ons huise vasgevang was.
Nou kan ons uitgaan. Ek het alles op my lys al gedoen, behalwe die 60ste verjaardagviering. Laaste op my lys is om te gaan kamp. Die plek is bespreek, die kos is gekoop, die familie is ingelig (ons val darem in die toegelate beperking, net agt, en kan almal saam gaan kamp). Nou moet die bakkies net gepak word en in die pad val.
Ek kan nie wag vir die naweek om aan te breek nie en vir ons as familie om die pad weer saam aan te durf nie.
Om in die veld te gaan stap, na blomme te kyk, om die kampvuur te gesels en vroegoggend koffie te dink terwyl ons in die tente lê. Ons kan onsself dan verbeel die lewe het 100% na normaal teruggekeer en niks het verander nie. Ons kan maak asof alles reg is met die wêreld daar buite. Ons sal besef alles is nie so normaal wanneer ons weer in die beskawing kom nie. Dit sal ook verander. Soos hulle sê “ this too shall pass”. Ek glo dat ons as individue, familie en gemeenskap sterker hieruit sal kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie