Smith-Howard lei Erongo-streekraad
Erwin Leuschner
Me. Ciske Smith-Howard van die Independent Patriots for Change (IPC) is verlede week as die voorsitter van die Erongo-streekraad ingesweer.
Uit die sewe setels het die IPC en Swapo drie elk en die United Democratic Front (UDF) een.
“Die mense van Namibië het gepraat. Dit is nou ons plig en verantwoordelikheid as leiers van dié streek om hulle met nederigheid en waardigheid te dien,” het die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, gesê toe hy die nuwe raad verwelkom het.
Hy het alle Namibiërs bedank vir die vreedsame manier waarop die verkiesings verloop het.
Benewens Smith-Howard (Swakopmund-kiesafdeling), as voorsitter, is die IPC-kandidaat, mnr. Florian Donatus (Walvisbaai landelike-kiesafdeling) as lid van die uitvoerende raad verkies, asook Swapo se me. Benita Imbamba (Arandis-kiesafdeling).
Drie lede naamlik mnre. Deriou Benson (IPC, Walvisbaai stedelike-kiesafdeling), Kennedy !Haoseb (UDF, Daures-kiesafdeling) en me. Melania Ndjago (Swapo, Karibib-kiesafdeling) verteenwoordig die streek in die Nasionale Raad. Mnr. Ernest Wetha (Swapo, Omaruru-kiesafdeling) is 'n streekraadslid.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie