SME top-bestuur verloor aansoek
Regter Shafimane Ueitele het vandag in die Windhoek hoërhof beslis dat die saak waarin die SME Bank se topbestuur die Bank of Namibia (BoN) hof toe gesleep het, nie dringend is nie.
Dié hofgeding spruit uit die afdanking van die SME Bank se topamptenare en -direkteure aan die begin van Maart nadat aan die lig gekom het dat die bank ’n beweerde twyfelagtige belegging van N$196 miljoen in Suid-Afrika gemaak het. Die topbestuur eis nou hul poste terug van die BoN.
Die regter het beveel dat die SME Bank se aansoek dat die saak as een van dringendheid aangehoor word, geweier word en van die rol geskrap word. Hy het verder beveel dat die voormalige uitvoerende hoof van die SME Bank en sy mede-aansoekers die BoN se regskostes moet betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie